Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Telkom spog met meer as 15 m. mobiele kliënte

Telkom se mobiele afdeling het in die moeilike Covid-19-pandemie uitstekende groei getoon en tot 15,3 miljoen verbruikers opgeskiet.

Die Telkom-toring in Pretoria. Foto: Getty Images

Die hele groep se inkomste het in die boekjaar tot einde Maart met net 0,4% tot R43,22 miljard gegroei, maar inkomste uit dienste het met 34,5% tot R16,9 miljard opgeskiet. Dis grootliks danksy die styging van 41% in die inkomste uit mobiele data.

Die groep verdien nou 65% van sy inkomste uit “nuwegenerasie”-kommunikasie soos mobiel en optiese vesel.

Volgens Telkom se verslag het die migrasie na werk van die huis af ’n groot invloed gehad op die vastelyn-onderneming omdat ondernemings minder oproepe gemaak het. Inkomste uit vastelyn-oproepe het met 25,1% gedaal.

As gevolg van die pandemie het ondernemings ook kapitaalbesteding aan informasietegnologie (IT) verminder, maar dis iets wat Telkom glo weer sal optel.

Die groep se wins voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywings (ebitda) het met 11,7% gestyg tot R12 miljard.

Sipho Maseko, uitvoerende hoof, sê die maatskappy is in ’n goeie posisie om te help met digitale transformasie. Volgens hom sal dit nou en in die toekoms ’n sleutelrol speel om te verseker dat die digitale wêreld oop bly, selfs wanneer die fisieke wêreld binne bly.

Mobiele breëbandverkeer het met 53,2% gestyg.

Maseko sê ’n goeie belegging van kapitaal het gehelp tot hulle groei in mobiele dienste.

“Die toewysing van kapitaal aan data-geleide en vesel-geaktiveerde mobiele netwerke – ’n groeigebied van ons besigheid – het ons suksesvol voorberei op die beduidende toename in die vraag na data en mobiele breëbanddienste namate meer mense van die huis af gestudeer, gewerk en sake gedoen het.”

Mobiele breëbandverkeer het met 53,2% gestyg.

Openserve, Telkom se groothandelafdeling, het 20,7% méér huise aan sy veselnetwerk verbind en daar is nou 549 957 huishoudings wat Telkom se veseldienste gebruik.

k
Meer oor:  Telkom  |  Tegnologie  |  Internet  |  Telekommunikasie  |  Data  |  Slimfone  |  Selfoonmaatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.