Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Tencent verbrand sy vingers met Chinese rissiesous

Volgens die Chinese polisie het Tencent klaarblyklik geval vir ’n verneukspul waarin vals “amptenare” van die land se grootste vervaardiger van rissiesous, Lao Gan Ma, ’n kontrak met hom gesluit het.

Tensent is China se grootste sosialemedia-en-videospeletjieplatform. Foto: Reuters

Die internetreus het dit eers agtergekom nadat hy die regte Lao Gan Ma in kennis gestel het dat hy sy dienskontrak van $2,3 miljoen verbreek het en met ’n baie verbaasde vervaardiger te doen gekry het.

Die dispuut het vroeër vandeesweek begin nadat ’n hof in Sjenzjen gesê het dat hy op versoek van Tencent op 16,24 miljoen yuan ($2,3 miljoen) van Lao Gan Ma se bates beslag gaan lê is.

Tencent het Lao Gan Ma gedagvaar omdat die vervaardiger oënskynlik versuim het om te betaal vir ’n 2019-advertensiekontrak wat met Tencent gesluit is.

Lao Gan Ma het egter in ’n verklaring gesê hy het nooit so ’n kontrak geteken nie, en het die saak by die polisie aangegee.

Woensdag het die polisie in Goeijang gesê hulle het drie verdagtes in hegtenis geneem wat na bewering Lao Gan Ma se korporatiewe seël vervals het.

Die drie het hulle blykbaar as bemarkingsamptenare van Lao Gan Ma voorgedoen en ’n ooreenkoms met Tencent gesluit.

“Die doel was om aanlyn speletjiekodes te bekom wat Tencent weggegee het as deel van ’n promosie, wat die verdagtes toe later onwettig teen ’n wins herverkoop het,” het polisie gesê.

Tencent, China se grootste videospeletjie-en-sosialemedia-maatskappy, het nie op Reuters se versoek om kommentaar gereageer nie.

Die onderwerp het vinnig een van die mees bespreekte onderwerpe op sosiale media in China geword. Op Weibo, die Chinese ekwivalent van Twitter, is die onderwerp al 230 miljoen keer gelees.

Lao Gan Ma (wat “ou peetma” beteken), met sy hoofkantoor in Goeijang, is een van China se gewildste koshandelsname en verkoop miljoene bottels van sy rooi rissiesous in die land en oorsee. – Reuters

  • Prosus, die maatskappy wat uit Naspers ontknoop is en waarvan Naspers 73% besit, besit nagenoeg 31% van Tencent. Netwerk24 is ’n publikasie van Media24 wat aan Naspers behoort.
Meer oor:  Prosus  |  Naspers  |  Tencent  |  Tegnologie  |  Internet  |  Tegnologiemaatskappye  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.