Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Teraco kry nóg geld vir uitbreiding
Sekuriteit word baie ernstig opgeneem by Teraco se datasentrum in Kaapstad.

Die datamaatskappy Teraco Data Environments, Afrika se grootste datasentrum-operateur, wil R1 miljard aan uitbreiding bestee.

Teraco het onder meer ’n groot datasentrum in Kaapstad.

Die maatskappy bedryf digitale databergingsgeriewe en sal teen die einde van sy huidige beleggingsiklus R4,5 miljard in Suid-Afrika bestee het aan die bou van nuwe datasentrums, sê Jan Hnizdo, finansiële hoof.

Finansiering van tot R1,8 miljard vir dié uitbreidingsplanne is van Absa verkry.

Teraco belê in uitbreiding om in die hoër aanvraag na datadienste in Afrika te voldoen. Met die verbetering van internettoegang en sakeondernemings wat wolkgegronde stelsels in werking stel, styg die vraag na groter kapasiteit.

Internetreuse soos Netflix en Facebook wil ook meer afgeleë dele van die vasteland bereik terwyl Amazon.com en Microsoft meer stoorplek vir data benodig.

Teraco se bedrywighede in Johannesburg word deur meer as 200 telekommunikasie-diensverskaffers in Afrika gebruik en kan tot 12 000 verbindings tussen netwerke verskaf. – Bloomberg

Meer oor:  Ikt  |  Maatskappye  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.