Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Tesla behaal teiken van 5 000 Model 3’s
Die uitvoerende hoof van Tesla, Elon Musk.

Tesla, die Amerikaanse vervaardiger van elektriese motors, het ondanks ernstige produksieprobleme en die aflegging van 9% van sy arbeidsmag daarin geslaag om sy produksieteiken van 5 000 Model 3-motors per week te bereik.

Elon Musk, die maatskappy se eksentrieke uitvoerende hoof, het reeds etlike maande gelede belowe Tesla sou teen die einde van Junie dié teiken behaal.

“Ons het dit reggekry!” het Musk oor die naweek in ’n e-pos aan sy personeel geskryf. “Wat ’n ongelooflike taak vermag deur ’n ongelooflike span. Ek kan bars van trots. Dis ’n voorreg om saam met julle te werk.”

Terselfdertyd het Tesla ook sy teiken van 2 000 Model S- en Model X-voertuie bereik vir ’n gesamentlike produksie van 7 000 voertuie in net sewe dae.

Musk het verlede maand die “baie moeilike besluit” geneem om sowat 3 000 poste by Tesla te sny in ’n poging om winsgewend te raak. Die maatskappy het in die eerste kwartaal vanjaar ’n rekordverlies van byna $1 miljard gely, hoofsaaklik weens voortslepende produksieprobleme met sy nuwe Model 3, wat teen ’n verlies van $22 500 per motor vervaardig word.

Beleggers hou nou asem op om te sien of Tesla die teiken van 5 000 motors per week sal kan volhou en watter uitwerking dit op die maatskappy se jongste kwartaalsyfers sal hê. Dit word na verwagting binnekort uitgereik.

Tesla se aandeelprys het in nauurse verhandeling oor die naweek met byna 2% gedaal tot $342,95.

Meer oor:  Tesla  |  Elon Musk  |  Tegnologie  |  Elektriese Motors  |  Ikt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.