Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Tesla-direksie sal Musk se uitlatings ondersoek

Tesla se direksie het besluit om voort te gaan met ’n ondersoek na die maatskappy se hoof, Elon Musk, se gewaagde en dubbelsinnige uitlatings dat hy van plan is om die motorvervaardiger te privatiseer.

Die direksie beplan om volgende week met finansiële adviseurs te vergader en sal Musk waarskynlik vra om nie deel van die besprekings te wees nie, berig CNBC.

’n Spesiale komitee van onafhanklike direkteure sal waarskynlik oor die proses toesig hou.

Volgens CNBC het die direkteure ook reeds vir Musk, wat ’n belang van 20% in die maatskappy besit, gesê om sy eie adviseurs aan te stel.

Dié nuus strook met ’n verklaring vroeër deur Tesla se direkteurs dat hulle die “toepaslike stappe” sal doen om Musk se uitlatings te evalueer.

Tesla se aandeelprys het Donderdag met 2,3% tot $360,61 in na-uurse verhandeling gestyg.

Die maatskappy het nie reageer op ’n versoek om kommentaar nie.

Musk het sy mededireksielede Dinsdag onkant gevang toe hy getwiet het dat hy dit oorweeg om Tesla teen $420 per aandeel te privatiseer.

Dit is nog nie bekend hoe dié privatisering gefinansier gaan word nie.

Dit is ook onduidelik of Saoedi-Arabië se soewereine-welvaartsfonds, wat glo minder as 5% van Tesla besit, ingestem het om die geld te verskaf.

Musk se twiet Dinsdag was egter nie die eerste keer dat hy die moontlikheid van die privatisering van Tesla geopper het nie.

Hy het dit vroeër ook in ’n e-pos aan personeel bespreek en vergelykings getref met Space X, die ruimtemaatskappy waarvan hy ook die uitvoerende hoof is.

Space X is nie ’n genoteerde maatskappy nie en het al jare lank ’n interne “beurs” wat werknemers elke ses maande die kans gee om aandele in die maatskappy te koop of te verkoop.

Musk hoop glo om ’n soortgelyke stelsel uiteindelik by Tesla in werking te stel. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Tesla  |  Elon Musk  |  Privatisering  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.