Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Tesla wil halfmiljoen motors per jaar in China maak

Te midde van die voortslepende handelsoorlog tussen Amerika en China, het die vervaardiger van elektriese motors Tesla bekend gemaak dat hy ’n nuwe fabriek in Sjanghai gaan oopmaak.

’n Tesla-handelaar in Beijing.Foto: AP

Elon Musk, Tesla se uitgesproke uitvoerende hoof, het Dinsdag gesê die maatskappy gaan sy eerste fabriek buite Amerika daar bou. Die fasiliteit gaan sowat 500 000 motors per jaar kan vervaardig, wat die maatskappy se kapasiteit sal verdubbel.

Die ooreenkoms kom egter te midde van stygende invoertariewe wat wedersyds tussen China en Amerika ingestel word.

Tesla moes byna oornag noodgedwonge die prys van sy motors met minstens $20 000 opstoot nadat China invoerbelasting op voertuie van Amerika met 40% verhoog het.

Groter motorvervaardigers soos Ford is vir nou nog in staat om die ekstra belasting te absorbeer om ’n prysstyging van sy motors te voorkom, maar Tesla is nie finansieel sterk genoeg nie.

Die goedkoopste Tesla, die Model S, kos nou $128 500 vergelyke met $107 400 voordat die ekstra invoerbelasting gehef is.

Die luukse Model X gaan kopers nou $240 000 uit die sak jaag, vergeleke met $200 000 voorheen.

Die Chinese regering het Musk Dinsdag bedank vir sy besluit om ’n nuwe fabriek in Sjanghai op te rig. Dié stad is reeds bekend as die middelpunt van die Chinese motorbedryf.

Bouwerk aan die nuwe fabriek gaan eersdaags begin en Tesla hoop om binne twee jaar 500 000 motors per jaar daar te vervaardig.

Dié ambisieuse syfer oorskadu Sjanghai se bestaande voertuigfabrieke wat enigiets tussen 200 000 en 300 000 voertuie per jaar elk kan vervaardig.

’n Verkoopsman wys ’n Tesla Model X aan ’n vrou in Beijing.Foto: AP

Beleggers het die nuus van Tesla se planne in China kil ontvang en die maatskappy se aandeelprys het met ’n skamele 1,5% gestyg.

Ontleders krap kop oor waar Tesla, wat nog nooit daarin kon slaag om wins te maak nie, die kapitaal bymekaar gaan skraap om só ’n groot fabriek in China te bou en die werknemers daar te betaal.

Toe Tesla in Junie die eerste keer sy teiken van 5 000 voertuie per week gehaal het, het Musk belowe die maatskappy gaan teen die einde van die jaar winsgewend wees.

Ontleders blyk egter nie oortuig te wees deur Musk se optimisme nie en meen die maatskappy sal sonder twyfel nuwe kapitaal van iewers af moet bekom om sy Sjanghai-droom te verwesenlik.

Meer oor:  Tesla  |  Elon Musk  |  China  |  Sjanghai  |  Motorbedryf  |  Elektriese Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.