Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
TikTok vir sake nou ook in SA beskikbaar

As ondernemings wil voortbestaan, moet hulle al die nuwe platforms tot hul beskikking vir bemarking gebruik, want die advertensiemark is – nes baie ander dinge – drasties aan die verander.

TikTok verander die wese van bemarking, glo die platform. Foto: Unspalsh

Luidens ’n verslag wat deur TikTok saamgestel is, het verbruikersgedrag reeds verander en verg dit veranderinge aan hoe handelsname sake doen en bemarking benader.

Verbruikers het deesdae baie groot verwagtinge van handelsname, veral wat maatskaplike, omgewings- en politieke kwessies betref. En dit is dié verwagtinge wat advertensies hervorm en handelsname dwing om groter egtheid aan die dag te lê.

“Handelsname wat vandag en in die toekoms suksesvol wil wees, moet met hul optrede opregtheid bewys ten opsigte van wat hulle vir verbruikers en die wêreld doen,” sê Scott Thwaites, hoof van opkomende markte by TikTok se afdeling vir internasionale sakeoplossings.

TikTok vir sake

Thwaites het oor die onlangse bekendstelling van TikTok For Businessin Suid-Afrika gesê die handelsname wat in ander streke die meeste sukses op TikTok behaal, het die “kreatiwiteit en egtheid” van die TikTok-gemeenskap aangegryp en gebruik die platform om die stem van hul handelsnaam te versterk.

“Om ’n doel te hê en eg te wees, verg toewyding. Dit gaan alles daaroor om die tegnologie reg te gebruik om persoonlik en voorspellend te kommunikeer. Ons glo dat TikTok For Business dit doen deur geleenthede vir adverteerders te bied om waarde te skep en met een van die besigste gemeenskappe in die land in gesprek te tree.”

Daar is onlangs navorsing deur Nielson gedoen in opdrag van TikTok om die waarde van die platform in vergelyking met ander kanale te verstaan en die persepsie van gebruikers oor inhoud en advertensie-egtheid te ondersoek. Vanuit ’n advertensie-oogpunt was die bevinding dat gebruikers TikTok as ’n advertensievriendelike omgewing beskou en glo dat die platform betroubaarder, minder indringend, kreatiewer en vermaakliker is.

Terugvoering van hierdie aard is baie goed vir handelsname wat aan die verwagtinge van die verbruiker wil voldoen. Met die toename in groot data beoordeel verbruikers vandag boonop handelsname volgens hul vermoë om individuele voorkeure en behoeftes te voorspel.

Wat kan die groeiende Suid-Afrikaanse TikTok-gebruikersbasis van handelsname verwag noudat TikTok For Business in die land beskikbaar is?

“Daar is vyf verskillende advertensieformate en hierdie opsies is ontwerp om handelsname in staat te stel om inhoud te skep wat tot mense spreek en vir die gemeenskap om aan die gesprek deel te neem,” sê Thwaites.

Meer oor:  Advertensies  |  Tiktok  |  Verbruikers  |  Bemarking  |  Sake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.