Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Tinder raak meer soos Facebook in soeke na liefde
Die afspraak-app Tinder raak al meer soos Facebook.

As jy nog altyd daarvan gedroom het om deur al jou potensiële pasmaats op Tinder se foto’s te rol, is daar goeie nuus.

Dié sosiale app wat gebruikers in staat stel om nuwe liefde (of net ’n vinnige vry) te vind, het pas ’n nuwe funksie bekend gestel.

Nes op Facebook, Twitter en Instagram gaan Tinder-gebruikers nou ’n sogenaamde “nuusstroom” kan sien van hul pasmaats se doen en late, byvoorbeeld as hulle nuwe foto’s op die platform gelaai het of aan hul beskrywing van hulself verander het.

In ’n bloginskrywing op die app se webwerf staan geskryf: “Welcome to the world beyond the swipe.”

Tinder is natuurlik daarvoor bekend dat gebruikers oor die profielfoto’s van moontlike pasmaats vee om aan te dui of hulle van die persoon hou al dan nie.

Volgens die platform gaan die nuwe nuusstroomfunksie help om die soeke na liefde “meer interaktief” te maak. “Dis ’n opwindende nuwe manier om beter te verstaan wie ’n persoon is; dit gee ’n ware kykie na hul lewe, hul passies, hul persoonlikhede en hul jongste avonture,” sê Tinder.

Die hoop bestaan dat die ervaring tot “beter gesprekvoering en dieper konneksies” sal lei.

Die feed-funksie, wat reeds in die jongste weergawe van die app beskikbaar is, wys jou al jou “pasmaats” op een plek en dui aan of iets aan hul profiele verander het, byvoorbeeld die oplaai van ’n nuwe foto of ’n verandering aan hul beskrywing.

Die maatskappy hoop dat dit nuwe lewe sal blaas in konneksies wat lankal doodgeloop het.

Tinder sukkel al geruime tyd om gebruikers te kry om meer tyd op die platform deur te bring. Die meeste gebruikers verkies om gesprekvoering elders op platforms soos WhatsApp en Messenger te gaan voer eerder as op Tinder se ingeboude kletsfunksie.

Meer oor:  Facebook  |  Tinder  |  App  |  Tegnologie  |  Liefde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.