Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Tribunaal hoor WhatsApp wil NDZ se ‘GovChat’ blokkeer

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se aanlyn kletsdiens, GovChat, is in die visier van WhatsApp en Facebook, en die Mededingingstribunaal is nou genader om in te tree.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta). Foto: Getty Images

WhatsApp wil die diens op sy platform verbied as gevolg van, wat hy reken, ’n oortreding van sy bepalings en voorwaardes is.

Eldrid Jordaan, hoof van GovChat, het nou die Mededingingstribunaal genader om ’n dringende interdik teen WhatsApp en Facebook (WhatsApp se eienaar) te bekom.

“Die applikante, GovChat (Edms.) Bpk. en Hashtag Letstalk (Edms.) Bpk., vra die tribunaal om Facebook/WhatsApp te verbied en te weerhou daarvan om hulle van die WhatsApp-platform te verwyder hangende die uitslag van die klag wat hulle by die Mededingingskommissie ingedien het,” het die Mededingingstribunaal gesê.

“Dit volg op Facebook se dreigemente om GovChat weens die beweerde oortreding van die kontraktuele gebruiksvoorwaardes van die WhatsApp-platform te verwyder,”

GovChat, wat in 2018 deur Cogta begin is, is ’n digitale platform, oftewel ’n “chatbot” wat die regering gebruik om met burgers in gesprek te tree.

GovChat is begin om Cogta in staat te stel om regstreeks die provinsies en munisipaliteite se dienslewering, reaksietye, mislukkings en suksesse asook korrupsie te monitor en te evalueer.

Nadat die Covid-19-pandemie uitgebreek het, wou GovChat die regering help met Covid-19-onderwys en -bewustheid, die opsporing van simptome, die verskaffing van toetsuitslae en om burgers in staat te stel om vir dringende maatskaplike toelae aansoek te doen.

Facebook voer aan dat hierdie betrekking het op sy regte om die kontraktuele voorwaardes wat die gebruik van sy eie betaalde ondernemingsboodskapdiens, “WhatsApp Business API”, af te dwing.

Facebook beskuldig die aansoekers daarvan dat hulle die gebruiksvoorwaardes oortree het om “kommersiële belange” na te streef.

GovChat beweer dat hy binne die gebruiksvoorwaardes van WhatsApp funksioneer, nooit sy posisie opsetlik verkeerdelik voorgestel het nie en te alle tye te goeder trou opgetree het.

Volgens die aansoeker sal die verwydering van GovChat van WhatsApp af beteken dat Cogta nie met burgers in kontak kan kom terwyl die pandemie ’n “hoogtepunt” bereik nie.

Die tribunaal hoor Woensdag die argumente en sal na verwagting eersdaags uitspraak lewer.

Meer oor:  Mededingingskommisie  |  Whatsapp  |  Mededingingstribunaal  |  Facebook  |  Cogta  |  Tegnologie  |  Slimfone  |  Regering  |  Govchat  |  Kletsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.