Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Trump maak spelfout in twiet oor spelfoute

Pres. Donald Trump het vandeesweek in ’n twiet uitgevaar teen nuusdienste wat glo sy twiets vir taal- en spelfoute “fynkam”.

Maar in dié twiet maak hy wéér ’n spelfout en skryf “pour over” (skink oor) pleks van “pore over” (fynkam).

Kan jy die spelfout raaksien?Foto: Twitter

Hy het geskryf: “It should be noted that the Fake News constantly likes to pour over my tweets looking for a mistake.”

Trump wou klaarblyklik skryf mense “pore over” (fynkam) sy twiets.

Merriam-Webster, ’n gesaghebbende Amerikaanse uitgewer van woordeboeke, het toe tong in die kies die definisies van “pore over”, “pour over” en sommer ook “comb over” op sosiale media gedeel.

Laasgenoemde definieer hulle as: “Om hare van die kant van die kop af te kam om ’n kaal kol te verberg.” Dis ’n duidelike bespotting van Trump se haarstyl.

Bekende skrywers soos JK Rowling (’n uitgesproke Trump-kritikus) en die draaiboekskrywer James Gunn het ook eiertjies gelê.

“Van een professionele skrywer aan ’n ander: Jy is absoluut goor,” het Gunn laat hoor.

Rowling het net rye en rye gelag (haha) oor die ironie getwiet.

Trump het binne ’n uur sy twiet verwyder en vervang met een waarin “pore” reggestel is.

Meer oor:  Twitter  |  James Gunn  |  Donald Trump  |  Jk Rowling  |  Tegnologie  |  Twiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.