Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Trump, Obama verloor duisende Twitter-volgelinge

Baie Twitter-gebruikers kan dalk vandeesweek ’n daling in hul getal volgelinge opmerk namate dié sosialemediareus vals rekeninge van die platform verwyder.

Pres. Donald Trump

Amerika se pres. Donald Trump moes reeds toekyk hoe meer as 100 000 van sy 53,4 miljoen volgelinge in die niet in verdwyn. Oudpres. Barack Obama het weer 400 000 van sy 104 miljoen volgelinge verloor, berig The Washington Post

Baie van dié vals rekeninge is reeds die afgelope paar maande gesluit, berig The Guardian. Miljoene van die geslote rekeninge sal nou permanent van die platform verwyder word.

Dié ingryping kom nadat Twitter onlangs wyd gekritiseer is vir sy skynbare gebrek aan daadwerklike optrede teen sogenaamde “kwaadstokers” op die platform wat net fopnuus en haatspraak versprei.

The New York Times berig dat klomp gebruikers op Twitter hul volgelinge met vals rekeninge aanvul. Sodoende skep die gebruikers ’n skynbeeld dat hulle oor sosiale invloed beskik om hul politieke aktivisme, besigheidsdoeleindes of loopbane in die vermaaklikheidsbedryf te bevorder.

Twitter is reeds ’n geruime tyd al op die oorlogspad teen vals rekeninge en het die afgelope twee maande meer as 70 miljoen sulke rekeninge gesluit.

In ’n inskrywing op sy korporatiewe blog verlede maand het Twitter bekend gemaak dat hy proaktiewer van die kwaadwillige karakters ontslae gaan raak.

“Ons fokus tans op die ontwikkeling van masjienleer-tegnologie wat fopnuus en vals advertensies outomaties sal identifiseer.”


Meer oor:  Twitter  |  Fopnuus  |  Tegnologie  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.