Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
TV-lisensies: SAUK gaan tande kry

Alle huishoudings gaan nie gedwing word om ’n “heffing” te betaal in die plek van TV-lisensies nie – die model van TV-lisensies gaan onveranderd bly.

Nuwe regulasies oor TV-lisensies is vir openbare kommentaar gepubliseer. Foto: SAUK

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) gaan wel meer tande kry om seker te maak mense met televisies betaal wél die lisensiegeld.

Die veelbesproke SAUK-wetsontwerp is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. Daarvolgens sal ’n SAUK-inspekteur toegang tot enige perseel mag kry om TV’s te tel en lisensies na te gaan. (Daar is darem uitsonderings: Jy mag nie in die nag wakker geklop word nie, tensy ’n lasbrief daarvoor uitgereik is.)

Die wetsontwerp bevat nie die SAUK se eie voorstelle oor lisensies nie. Die openbare uitsaaier wou ’n huishoudelike heffing hê wat soortgelyk is aan die model vir die BBC in Brittanje.

Nóg ’n omstrede voorstel wat nie die lig gesien het nie, is dat mense gedwing word om TV-lisensies vir hul slimfone en rekenaars te betaal omdat baie mense daarop TV kyk, en ook die voorstel dat betaaltelevisie- en stromingsdienste soos MultiChoice en Netflix gedwing moet word om namens die SAUK TV-lisensiegelde in te vorder.

LEES OOK: SAUK wil lisensies afskaf, soek nou ‘heffing’

Die wetsontwerp sit nie uiteen presies hoe TV-lisensiegeld ingevorder moet word nie.

Dit dui net daarop dat die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okasa) verantwoordelik sal wees om regulasies op te stel wat TV-lisensies beheer, in samewerking met die SAUK en die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, tans Stella Ndabeni-Abrahams. Okosa sal ook die boetes vir wanbetaling kan opstel, verskillende kategorieë TV-lisensies mag opstel en vrystellings daarstel van die verpligting om ’n TV-lisensie te hê.

Inspekteurs is ook voorgestel wat afgevaardiges van die SAUK sal wees.

Volgens die wetsontwerp sal gemagtigde inspekteurs enige eiendom kan betree om hul werk te doen, solank hulle nie probeer om ná donker sonder ’n lasbrief of toestemming van die eienaar of huurder toegang tot ’n perseel te bekom nie.

Mense wat nie hul TV-lisensiegeld betaal nie, kan vir die volgende boetes aanspreeklik wees:

Die agterstallige TV-lisensiegeld, plus ’n boete gelykstaande met dubbel die bedrag wat verskuldig is.

As verbruikers kan bewys dat hulle ’n TV vir minder as ’n jaar gebruik het, sal die boete net 10% van die TV-lisensiegeld wees vir elke maand wat die verbruiker nie betaal het nie.

Om nie jou TV-lisensie te betaal nie, sal ook as ’n strafregtelike oortreding gesien word. Dis ook ’n misdaad om jou TV aan iemand te verkoop wat nie ’n TV-lisensie het nie.

Die oortredings kan jou vir ses maande in die tronk laat beland, plus ’n bykomende boete van R500 besorg vir elke oortreding.

Meer oor:  Televisie  |  Stromingsdienste  |  Betaaltelevisie  |  Sauk  |  Tegnologie  |  Tv-Lisensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.