Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Twitter gaan jou afskop as jy dit nie gebruik

As jy ’n Twitter-rekening het, maar dit maande laas gebruik het, is dit dalk ’n goeie idee om weer ’n slag daarop aan te meld.

Twitter sê hy gaan op 11 Desember begin om rekeninge voor die voet te sluit wat langer as ses maande nie gebruik is nie.

Dit sluit in die rekeninge van Twitter-gebruikers wat intussen dood is, of gebruikers wat bloot onaktief geraak het op die platform of dalk selfs hul aanmeldbesonderhede vergeet het.

Waarom doen Twitter dit?

Volgens ’n woordvoerder van die sosiale netwerk word die onaktiewe rekeninge gesluit omdat die eienaars daarvan nie kon instem tot Twitter se jongste privaatheidsbeleid nie.

Dit is die eerste keer dat Twitter so ’n massiewe sluiting van rekeninge van stapel stuur, berig die BBC.

Die sosiale netwerk hoop ook om gebruikers met baie volgelinge groter kredietwaardigheid te gee deur vals en onaktiewe volgelinge te verwyder.

Dit beteken dat ’n persoon se oorblywende volgelinge nie bloot robotte en vals profiele is nie, maar aktiewe deelnemers aan die platform.

Twitter het reeds vyf miljoen gebruikers in drie maande verloor. Foto: Getty Images

Gaan my rekening gesluit word?

As jy langer as ses maande gelede aangemeld het, is die kans goed dat Twitter jou rekening ná 11 Desember gaan sluit.

Die netwerk beskou jou rekening as “aktief” as jy enige tyd in die laaste ses maande aangemeld het, ongeag of jy enigiets getwiet het in daardie tyd.

Volgens die woordvoerder oorweeg die sosiale netwerk dit ook om in die toekoms die rekeninge uit te vee van gebruikers wat net “rondhang” op die platform “sonder om iets te doen”.

Twitter het reeds waarskuwings per e-pos aan onaktiewe gebruikers gestuur dat hul rekeninge gesluit sal word.

Die maatskappy het nie bekend gemaak hoeveel rekeninge hy reeds geoormerk het om uitgevee te word nie.

Meer oor:  Twitter  |  Tegnologie  |  Internet  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.