Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Twitter se baas skok met lof vir Mianmar
Jack Dorsey, uitvoerende hoof van Twitter.Foto: Getty Images

Jack Dorsey, Twitter se uitvoerende hoof, is in die pekel nadat hy Mianmar as ’n “wonderlike toeristebestemming” beskryf het.

Dit terwyl menseregteorganisasies die regering en die weermag daarvan beskuldig dat hulle die etniese minderheid die Rohingia-Moslems verkrag en vermoor.

António Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het die situasie in die staat Rakhine al as ’n “humanitêre katastrofe” beskryf.

Derduisende Rohingia-Moslems het reeds uit Mianmar na Bangladesj gevlug weens die “etniese suiwering” in Mianmar. Duisende mense is reeds dood.

In ’n rits twiets het Dorsey egter net lof vir Mianmar gehad en gesê die inwoners is gelukkig en die kos is fantasties.

Hy moedig sy sowat 4 miljoen Twitter-volgelinge aan om dit te besoek.

Hulle was egter nie baie beïndruk nie. Een van sy volgelinge het getwiet dit is afkeurenswaardig dat Dorsey die land as ’n toeristebestemming bevorder.

“Dit is ’n ongelooflik onverantwoordelike aanbeveling,” skryf ’n ander volgeling, wat ook wonder of Dorsey nie die nuus oor Mianmar op sy eie platform raaksien nie.

Dorsey het getwiet hy het na Mianmar gereis om meer te leer oor Boeddhisme en meditasie.

Hy het foto’s gedeel van die karig gemeubileerde kamertjie waarin hy tien dae sonder enige kontak met die buitewêreld tuisgegaan het.

“Sosiale media basuin (die feite oor die) volksmoord uit, maar Jack Dorsey twiet trots oor die wonderlike, stil, geestelike afsondering wat hy beleef het,” skryf ’n ander ontstoke volgeling.

Dorsey het nog nie op die heftige kritiek gereageer nie, maar aangedui dat hy die terugvoering op sy aanbeveling dophou.

Meer oor:  Twitter  |  Mianmar  |  Volksmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.