Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Twitter skop omstrede radioman permanent uit
Die omstrede Amerikaanse omroeper Alex Jones.Foto: Getty Images

Twitter se tydelike skorsing van die omstrede Amerikaanse radioman Alex Jones van sy platform af, is nou permanent gemaak.

Die Twitter-rekening van Jones, bekend vir sy samesweringsteorieë en verregse uitlatings, is in Augustus tydelik opgeskort.

Dit het gekom nadat verskeie ander aanlyn platforms, waaronder Google, Apple, Facebook en Spotify, teen hom opgetree het deur hom op hul platforms te verbied.

Google, Apple en Spotify het honderde van Jones se klankopnames verwyder en Facebook het sy berugte Infowars-blad gesluit.

YouTube het hom ook die deur gewys.

In ’n verklaring sê Twitter daar is besluit om Jones permanent te skors omdat hy die platform se reëls oortree het.

Die netwerk het nie gesê watter spesifieke twiets tot sy skorsing gelei het nie. Normaalweg word sy besluite nie in die openbaar geregverdig nie maar weens die “openbare belang” het Twitter besluit om op Jones se skorsing te reageer.

Op sy beurt beskuldig Jones sosiale netwerke daarvan dat hulle hom probeer sensureer.

Jones het onder meer vroeër beweer dat die massamoord op 20 leerlinge en ses personeellede van die Sandy Hook Elementary School in 2012 in Connecticut, nooit gebeur het nie en dat dit eintlik akteurs was wat hulle as die vermoorde kinders voorgedoen het.

Die ouers van twee van die slagoffers dagvaar hom nou vir $1 miljoen.

Meer oor:  Twitter  |  Alex Jones  |  Sosiale Media  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.