Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Twitter steek stokkie voor foto’s van penisse
’n Nuwe funksie in Twitter sal help keer dat iemand ’n ongevraagde foto van sy penis aan jou stuur.Foto: Unsplash

’n Nuwe funksie in Twitter laat gebruikers toe om te keer dat hulle ongevraagde foto’s van penisse op die sosiale platform ontvang.

Kelsey Bressler, ’n programmeerder van Seattle in die Amerikaanse deelstaat Washington, het die funksie ontwerp nadat sy ’n foto in haar privaat boodskappe op Twitter van ’n kaal man ontvang het. Sy het nie die man geken of vir die foto van sy geslagsdele gevra nie.

Volgens Bressler is dit die verantwoordelikheid van sosialemediaplatforms soos Twitter om gebruikers teen sulke voorvalle te beskerm.

Haar program, wat as ’n toevoeging tot Twitter geïnstalleer kan word, identifiseer en keer foto’s van penisse. Dit gebruik kunsmatige intelligensie om die foto’s te identifiseer en is glo 99% van die tyd akkuraat, het Bressler aan die BBC gesê.

Sy het as deel van die ontwikkeling van die program op Twitter gevra mans moet foto’s van hul penis aan haar stuur. Sy het meer as 4 000 foto’s ontvang en dit gebruik om ’n algoritme te ontwikkel wat soortgelyke foto’s sal keer voordat dit in onder meer ’n gebruiker se private boodskappe op Twitter beland.

Die program skandeer elke foto wat as ’n privaat boodskap gestuur word en identifiseer of dit ’n penis bevat. Sou dit ’n penis bespeur, word die foto gekeer en albei partye ontvang ’n boodskap dat ’n “onvanpaste foto” gestuur en uitgevee is.

Volgens Bressler ontleed die programmatuur net foto’s en word enige meegaande teks nie onderskep nie.

Die nuwe funksie, bekend as Safe DM, is sedert Vrydag beskikbaar. Die filter kan maklik aan- en afgeskakel word, wat beteken dat gebruikers steeds stoute foto’s sal kan ontvang indien hulle daartoe sou instem.

“Ons probeer nie keer dat enige kaalfoto’s gestuur word nie,” het Bressler Saterdag op Twitter geskryf.

“Ons hoop net om ongevraagde kaalfoto’s hok te slaan. Die verskil lê in die instemming daartoe. As dit met instemming is, stuur foto’s heeldag en aldag. Ek gee nie om nie.”

Meer oor:  Sosiale Media  |  Twitter  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.