Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber betaal miljoene aan bestuurders

Uber het reeds $19 miljoen (R336 miljoen teen die huidige wisselkoers) in finansiële ondersteuning aan bestuurders en afleweraars oor die wêreld heen betaal wat weens die Covid-19-pandemie nie kan werk nie.

Bestuurders en afleweraars is nie werknemers van Uber nie, maar eerder kontrakteurs. Dit beteken hulle ontvang geen vaste salaris nie en is afhanklik van gebruikers van die app-gegronde taxidiens om ’n inkomste te verdien.

Uber het reeds finansiële ondersteuning aan bykans 49 000 bestuurders en afleweraars in meer as 70 lande gegee wat weens Covid-19 nie kon werk nie, hetsy omdat hulle siek is of in kwarantyn geplaas is.

Die maatskappy bied geen ondersteuning aan bestuurders wat nie werk kan kry nie omdat mense soveel minder rondbeweeg.

Uber probeer sy sukkelende bestuurders finansieel bystaan, maar trek self swaar. Foto: Unsplash

Hy beoog om binne die volgende paar maande al sy bestuurders en afleweraars van beskermende toerusting, insluitend gesigmaskers, te voorsien in die hoop dat passasiers sal terugkeer.

Uber het reeds meer as 28 miljoen maskers vir dié doel aangeskaf. Beskermende toerusting is reeds by 450 000 bestuurders afgelewer.

Uber het ook meer as ’n miljoen bottels handreiniger aangeskaf wat hy onder sy bestuurders versprei.

Meer as 200 000 bestuurders oor die wêreld heen wat normaalweg mense vervoer, het begin om ook kos op Uber Eats af te lewer.

Uber maak nie spesifieke syfers bekend vir die lande waarin hy sake doen nie.

Die maatskappy het onlangs aangekondig dat hy noodgedwonge 6 700 van sy permanente werknemers in minstens 50 lande afdank waar hy sake doen.

LEES OOK: Uber dank kwart van sy werkers af

Volgens Dara Khosrowshahi, uitvoerende hoof, is dit ’n noodgedwonge stap om te verseker dat Uber kop bo water hou weens die finansiële impak van die pandemie.

In Suid-Afrika mag app-gegronde taxidienste tydens die staat van inperking sake doen, maar is onderhewig aan streng veiligheidsmaatreëls.

Meer oor:  Uber  |  Taxidiens  |  App  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.