Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber Eats: Suiwelvry met ekstra room, asseblief!

Lewer af asseblief: ’n cappuccino met laevetmelk, 2¾ teelepels xilitol sonder room en met kaneel in die vorm van ’n blaar bo-op gesprinkel.

’n Afleweraar van Uber Eats ry in ’n verlate straat in Krakow in die suide van Pole.

Dít is een van die uiters spesifieke bestellings wat die app Uber Eats die afgelope jaar moes aflewer, blyk uit sy jaarlikse verslag oor Suid-Afrikaners se kosneigings.

Tamaties, uie en agurkies is die garnering wat die meeste kitskoseters tog net nie op hul wegneemkos wil hê nie.

Hoewel minder verbruikers die afgelope jaar tamaties laat weglaat het, was die algemeenste versoek in meer as 70 000 bestellings dat tamaties nie as garnering gebruik moet word nie.

Minstens 3 000 heel uie is gespaar, omdat dit die item is wat die tweede meeste mense nie op hul wegneemkos wil hê nie, sê Uber Eats.

Maar dit beteken nie Suid-Afrikaners hou nie van ekstras nie. Die meeste soek ’n sousie – en brandrissiesous is by verre die gewildste. Mayonnaise is die stiefboetie van souse en baie verbruikers vra spesifiek dat dit weggelaat word.

Meer as 4 000 bestellers wou nie kaas by hul wegneemkos hê nie – nie eens op hul pizza nie.

As jy dink pizza sonder kaas is vreemd – wat dan van kombinasies soos suiwelvrye koffie met vars room bo-op, ’n matig gegeurde wrap met ekstra rissies, of hamburgers sonder ’n broodjie?

Meer as 1 000 bestellers het rys as stysel met pap vervang.

Atjar is een van die bykomende, tradisionele smaakmiddels wat die meeste gevra word met bestellings soos gebraaide vleis, kotas en pizzas, sê Uber Eats.

Wat tradisionele kos betref, kraai bunny chows en kerriegeregte koning, gevolg deur Chinese roerbraai. Mogodu (of afval) raak gewilder met al hoe meer tradisionele restaurante wat deel word van die app.

Tydens die inperking het mense gesonder begin eet en in baie gevalle het vleis plek gemaak vir vegetariese of vegan-maaltye.

Die getal mense wat klik op die sleutelwoord “gesond” het met 82% gestyg in dié tyd teenoor voor die inperking – en bestellings van gesonde maaltye met 71%.

Suid-Afrika is een van die topdrie-lande wêreldwyd waar “asseblief” en “dankie” bestellings vergesel: 52% van alle bestellings in Suid-Afrika bevat hierdie woorde.

Volgens die navorsingsmaatskappy App Annie het meer as 2,1 miljoen mense in Suid-Afrika teen November 2019 Uber Eats afgelaai.

Meer oor:  Uber Eats  |  Apps  |  Tegnologie  |  Aflewering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.