Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber gou nóg veiliger vir passasiers, bestuurders
Uber gaan binnekort nog veiliger word. Foto: Getty Images

Uber gaan sy platform nóg veiliger maak deur bykomende sekerheidsfunksies by te voeg.

Dié gewilde app-gegronde taxidiens het bekend gemaak dat bestuurders, sowel as passasiers, eersdaags met die druk van ’n knoppie met private nooddienste in verbinding kan tree, enige tyd van die dag of nag.

Die sogenaamde “noodknoppie” sal binne die Uber-app wees. Dié diens word deur ’n onafhanklike verskaffer van nooddienste gehanteer, sê Uber.

Passasiers sal ook voortaan vyf vriende of familielede as vertrouelinge kan benoem. Besonderhede oor ’n rit sal dan maklik met dié vyf persone gedeel kan word, soos wanneer die passasier na verwagting gaan opdaag by sy of haar bestemming.

Daarbenewens sal die Uber-app bestuurders ook waarsku om binne die spoedgrens te bly. Passasiers sal ook ingelig word as die bestuurder te vinnig ry.

Volgens Uber gaan al dié nuwe funksies in die komende weke beskikbaar gestel word aan al sy bestuurders en passasiers in Europa, die Midde-Ooste en Afrika.

Die app-gegronde taxidiens het ook in die laaste paar maande gekla dat munisipaliteite sloer met die uitreik van permitte aan bestuurders. Uber het die departement van vervoer gevra om die instelling van wysigings aan die Wet op Nasionale Padvervoer op ys te plaas omdat owerhede “onbevoeg is om permitte uit te reik”.

Dit lei tot groot vertragings en massiewe boetes vir Uber-bestuurders wat sonder ’n permit betrap word.

Meer oor:  Uber  |  Veiligheid  |  Taxidiens  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.