Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber: Jou gradering kan jou maak of breek
Jy moet aandag skenk aan jou gradering op Uber, dit kan teen jou tel. Foto: Getty Images

Uber gaan begin om passasiers met ’n gradering van laer as vier uit vyf op die sypaadjie te los, maar vir eers nie in Suid-Afrika nie. 

Die gewilde app-gegronde taxidiens sê hy wil ’n “kultuur van vertroue” skep, en daarom gaan passasiers nou oor dieselfde kam geskeer word as sy bestuurders. Dis reeds geruime tyd so dat bestuurders die platform belet word sodra hul gradering onder ’n sekere vlak daal. 

As passasiers se gradering nou in Australië en Nieu-Seeland tot onder 4.0 daal, kan hul toegang tot die diens opgeskort word as dié punt nie dadelik verbeter nie. Sodra jy van die platform af geskop word, kan jy “kort, opvoedkundige oefeninge” doen om te help om jou gedrag te verbeter.

Dan sal Uber jou weer toelaat. 

Uber se Suid-Afrikaanse gemeenskapsriglyne maak geen melding van ’n graderingstelsel vir passasiers wat tot hul skorsing kan lei nie. Daar word wel gestipuleer onder watter omstandighede ’n bestuurder kan weier om ’n passasier te vervoer, en waarna iemand die diens belet kan word. 

Van die redes sluit in:

  • As jy die motor beskadig;
  • As jy die bestuurder te lyf gaan, of enige ander passasier;
  • As jy vloek of onwelvoeglik optree; 
  • As jy op ’n onvanpaste wyse probeer kontak maak met die bestuurder ná jou rit;
  • As jy dwelms of ander onwettige artikels vervoer en uitgevang word deur plaaslike owerhede; 
  • As jy ’n gevaarlike wapen by jou het.

In al hierdie gevalle sal Uber die klagte wat hy van die bestuurder ontvang, ondersoek alvorens ’n besluit oor jou toekomstige toegang tot die diens gemaak word. 

Terselfdertyd moet bestuurders ook aan streng reëls gehoor gee en hul stergradering word fyn dopgehou, sê Uber. Die gradering waarbo bestuurders moet bly, wissel van stad tot stad, met sommige Amerikaanse stede wat ’n punt van minstens 4,6 uit 5 vereis. 

Dit is nie bekend wat die vereiste punt vir Suid-Afrikaanse stede is nie, maar Uber sê hy lig sy bestuurders in sodra hulle naby aan die betrokke stad se limiet kom.

Die taxidiens sê hy neem wel “kulturele verskille” in ag wanneer dit kom by die toekenning van punte. Hoewel Uber in Suid-Afrika nog nie passasiers die diens sal verbied op grond van hul stergradering nie, is dit steeds van waarde om ’n goeie punt te handhaaf. 

Hier is ’n paar wenke om jou Uber-punt te verbeter: 

  • As jy dronk is, moenie in die Uber opbring nie; 
  • Dis nie nodig om geselsies met die bestuurder aan te knoop nie, maar wees altyd beleef en vriendelik; 
  • Moenie die motordeur toeslaan as jy uitklim nie; 
  • Probeer om nie vir te kort afstande ’n Uber te bestel nie, bestuurders is geneig om jou daarop ook te gradeer; 
  • Moenie jou bestuurder langer as vyf minute op jou laat wag nie.
Meer oor:  Uber  |  Taxidiens  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.