Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber ly rekordverlies

Die internasionale aanlyn taxidiens Uber se verlies van $5,2 miljard in die kwartaal tot einde Junie, is sy grootste verlies tot nog toe.

Uber
Die aanlyn-taxidiens Uber het in die kwartaal tot einde Junie sy grootste verlies nog aangeteken.

In die eerste kwartaal vanjaar was sy verlies $1 miljard.

Dit is maar die tweede kwartaal dat hy resultate bekend maak sedert sy notering op die New Yorkse aandelebeurs in Mei.

Die jongste verlies is ver meer as verwag, en Uber kon nie beleggers van sy groeipotensiaal oortuig dat hy binnekort ’n wins gaan behaal nie.

Die grootste deel van die verlies is toegeskryf aan die koste van aandeelopsies wat met Uber se notering in Mei verband hou. As rente, belasting en ander uitgawes uitgesluit word, het sy verlies steeds meer as verdubbel tot $656 miljoen.

Wat beleggers die meeste kwel, is egter die teleurstellende groei in verkope.

Uber se aangepaste inkomste het met 12% gegroei vergeleke met ’n jaar gelede, wat die stadigste groei in Uber se geskiedenis is.

Vrydag was Uber se aandeelprys in New York al soveel as 8% laer.

Dara Khosrowshahi, uitvoerende hoof van Uber, sê die onderneming het te veel vet wat weggesny moet word. Verlede week is aangekondig Uber sal 400 van sy bemarkingspersoneel moet aflê.

Uber se mededinger Lyft het ook die afgelope week ’n verlies aangekondig, maar dit was beter as wat ontleders verwag het. Dit lyk asof die prysoorlog tussen die twee aan die afneem is.

Khosrowshahi het ook bevestig die stryd om markaandeel is aan die taan. Uber verwag egter steeds ’n aangepaste verlies van $3 miljard tot $3,2 miljard vir die volle boekjaar. Hy verwag verliese sal in 2020 en 2021 begin afneem.

Meer oor:  Uber  |  Lyft  |  Tegnologie  |  Taxidiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.