Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber se verlies $1 mjd. in 3 maande

Die taxidiens Uber het ’n verlies van $1 miljard vir die kwartaal tot einde Maart aangekondig. Dit is minder as wat hy verwag het.

Uber het Donderdag vir die eerste keer sy resultate as ’n genoteerde maatskappy uitgereik.

Hoewel die diens se aantal aktiewe maandelikse gebruikers op ’n jaargrondslag met minstens 33% toegeneem het tot 93 miljoen, het sy stygende uitgawes al sy potensiële wins opgeslurp.

Die inkomste vir die drie maande beloop $3,1 miljard; 20% meer as in die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar.

Uber het vroeër voorspel sy verlies sal meer as $1,11 miljard beloop, maar die werklike syfer is sowat $110 miljoen minder as verwag.

Wêreldwyd is meer as 1,55 miljard ritte in ’n Uber afgelê in die kwartaal onder oorsig. Dit is 36% meer as in die ooreenstemmende kwartaal.

Die inkomste hieruit verdien beloop meer as $14,6 miljard, maar nadat Uber al sy bestuurders betaal het, bly daar net sowat 18% vir sy eie sak oor.

Die maatskappy het dié oorblywende geld, plus sowat ’n bykomende $1 miljard se skuld, gebruik om sy dienste na nog wêreldstede uit te brei.

Uber, wat vroeg in Mei op die New Yorkse aandeelbeurs genoteer het, het beleggers al voorheen gewaarsku dat hy waarskynlik nooit ’n winsgewende maatskappy sal wees nie.

Uber se notering het ook nie volgens plan verloop nie toe sy aandeelprys kort na sy notering skerp gedaal het van openingsprys van $45 per aandeel.

Donderdag se aankondiging het ook nie juis gemoedere gekalmeer nie en die aandeelprys was teen sluitingstyd byna onveranderd op $39,80.

Dara Khosrowshahi, Uber se hoof, het beleggers probeer paai deur hulle die versekering te gee dat Uber aggressief uitbrei sodat hy op lang termyn ’n meer volhoubare maatskappy kan wees.

Meer oor:  Uber  |  Wins  |  Taxidiens  |  Verlies  |  App  |  Tegnologie  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.