Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber verbied passasiers wat dalk koronavirus het

Uber het 240 gebruikers in Mexiko sy diens belet weens vrees dat hulle die nuwe 2019-koronavirus onder lede het.

Al dié gebruikers het die afgelope paar dae saam met twee spesifieke bestuurders gery wat moontlik aan die virus blootgestel was.

“Ons sal gebruikers en bestuurders op hoogte hou van enige verwikkelinge op hul rekening,” sê Uber in ’n verklaring.

Die maatskappy sal ook op ’n gekoördineerde wyse met plaaslike gesondheidsowerhede saamwerk.

Daar is tot dusver geen bevestigde geval van die 2019-koronavirus in Mexiko nie. Die land se departement van gesondheid het bevestig een van die plaaslike Uber-bestuurders het ’n persoon van Los Angeles vervoer wat met die virus besmet was volgens inligting van die Amerikaanse owerhede.

Volgens die Mexikaanse departement word almal wat in kontak met die passasier gekom het, insluitend bestuurders en hotelpersoneel, twee weke lank gemonitor om te sien of hulle enige simptome ontwikkel. Tot dusver het niemand egter nog vir die gevreesde nuwe koronavirus positief getoets nie.

Navorsers probeer steeds vasstel hoe dié hoogs aansteeklike virus van een persoon na ’n ander versprei in ’n poging om vrese daaroor te besweer.

In sommige lande het individue begin om winkelsentrums en ander openbare plekke te vermy wat deur persone besoek is wat moontlik met die virus besmet kan wees.

Meer as 360 mense is reeds weens die virus dood, hoewel nog net een sterfgeval buite China bevestig is nadat ’n pasiënt in die Filippyne oor die naweek dood is.

In geheel is 17 400 bevestigde gevalle van die 2019-koronavirus al aangemeld. – Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Uber  |  Toerisme  |  Siekte  |  Invoere  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.