Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Uber wéér uit Londen geskop

Uber is Maandag ’n tweede keer gestroop van sy lisensie om in Londen sake te doen.

Die rede van die Britse hoofstad se reguleerder is dat daar ’n “patroon van mislukkings” is wat veiligheid betref.

Kortom beskou die stad Uber as “ongeskik” en “onveilig”.

’n Verandering aan Uber se stelsels kon ongemagtigde bestuurders toelaat om hul foto’s aan ander bestuurders se rekeninge te koppel.

Dit het dié bestuurders toegelaat om passasiers op te laai en te maak asof hulle die regmatige bestuurder is.

Volgens Transport for London (TfL), die stad se reguleerder van vervoersake, was daar minstens 14 000 gevalle waarin ongemagtigde bestuurders die fout met Uber se stelsels uitgebuit het.

Uber het nou drie weke om teen die reguleerder se besluit te appelleer. Die saak kan ook in die hof gaan draai, wat dit etlike jare kan laat sloer.

Uber mag hangende sy appèl steeds passasiers in Londen vervoer.

Volgens die TfL het Uber ’n gewoonte daarvan gemaak om passasiers in gevaar te stel.

“Hoewel Uber aan sommige van die kwessies aandag gegee het, glo TfL nie dat soortgelyke probleme nie weer in die toekoms sal opduik nie.

“Daarom het ons bevind dat die maatskappy vir nou ongeskik is.”

Uber het sowat 45 000 bestuurders in Londen. Die maatskappy het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Die maatskappy en die TfL stamp sedert 2017 koppe en sy lisensie is toe reeds die eerste keer opgeskort.

’n Regter het egter in 2018 ’n lisensie van 15 maande toegestaan nadat Uber verskeie veranderings aan sy sakemodel aangebring het.

Dié lisensie is in September met twee maande verleng, maar dit het nou verval.

Meer oor:  Uber  |  Londen  |  App  |  Tegnologie  |  Lisensie  |  Taxidiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.