Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
UberEats is terug . . . soort van
UberEats sal voortaan onder meer kruideniersware beskikbaar hê op sy app sodat Suid-Afrikaners nie hul huise hoef te verlaat om noodsaaklikhede in die hande te kry nie. Foto: Getty Images

UberEats gaan gedurende die staat van inperking nou kruideniersware en ander noodsaaklikhede by jou huis aflewer, en hy beloof om dit binne ’n uur te doen.

Die kosafleweringsapp het aanvanklik sy bedrywighede gestaak toe die staat van inperking op 26 Maart begin het en restaurante dienooreenkomstig moes sluit. Maar UberEats sê nou hy gaan sy toetrede tot die mark van aflewering van onder meer kruideniersware versnel sodat hy weer sake mag doen tydens die staat van inperking.

Met net supermarkte, apteke, spazawinkels en winkels by vulstasies wat tans oop mag wees, het talle Suid-Afrikaners probeer om hul kruideniersware regstreeks van supermarkte te bestel vir aflewering.

Maar dié dienste is vinnig oorweldig. Tydgleuwe is plek-plek vol bespreek vir die inperkingstyd.

LEES OOK: Woolies kan plek-plek eers ná inperking kos aflewer

UberEats sê Dinsdag hy gaan die leemte help vul, al wil hy nie regstreeks met die supermarkte meeding nie.

Verbruikers sal voortaan op die app bestellings by sekere kruidenierswarewinkels kan doen wat dan binne ’n uur by hul voordeur sal wees.

Die maatskappy gaan ook ander noodsaaklikhede soos medisyne van apteke aflewer. Hy sal egter nie voorskrifte kan aflewer nie.

Die reeks beskikbare goedere sluit tot dusver in: kruideniersware, medisyne, gevriesde maaltye en ander noodsaaklikhede soos babadoeke wat by geriefswinkels beskikbaar is.

In ’n poging om sosiale afstand te bevorder, het verbruikers ook nou die opsie dat die afleweraar die pakkies bloot by die deur los.

Boonop sal UberEats slegs kaartbetalings aanvaar. Kontant, wat vereis dat mense in aanraking kom met mekaar, sal nie aanvaar word vir bestellings nie.

Ailyssa Pretorius, hoofbestuurder van UberEats, sê die opsie om weer aflewerings te kan benut vir alledaagse noodsaaklikhede sal help om die Covid-19-pandemie in bedwang te bring omdat mense dan werklik net tuis hoef te bly en nie hulself in die openbaar hoef bloot te stel aan die virussiekte nie.

UberEats het Dinsdag ’n beroep op enige onderneming gedoen wat tans mag sake doen en as noodsaaklik beskou word om te registreer op sy platform sodat hul goedere op die app beskikbaar gemaak kan word.

Indien kruidenierswarewinkels of apteke wil registreer, kan dié skakel gevolg word.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Aflewering  |  Uber Eats  |  Kruideniersware  |  App  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.