Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Unihertz laat BlackBerry-nostalgie herleef

As jy ’n bietjie sukkel met jou raakskermfoon en smag na iets gemakliks, is daar ’n antwoord.

Unihertz
Die Unihertz Titan Pocket lyk soos die BlackBerry van ouds. Foto: PCmag

Die Unihertz Titan Pocket-foon lyk soos die ou BlackBerry met ’n Qwerty-sleutelbord, maar die foon het moderne spesifikasies soos 4G en darem ook ’n raakskerm.

Amper almal het in ’n stadium ’n BlackBerry gehad, maar namate raakskerm-tegnologie verbeter het, het ons vinnig van dié fone vergeet.

Die maatskappy wat die Titan Pocket vervaardig, maak gereeld snaakse fone, soos die Jelly 2, wat eienaardig klein is. Volgens PCmag was dit nie ’n groot sukses nie, maar die Titan Pocket kan net beter vaar danksy sy BlackBerry-agtige vorm.

PCmag sê die Titan Pocket is baie naby aan die grootte van 2014 se BlackBerry Classic, hoewel dit steeds groter is as die legendariese BlackBerry Bold.

Die maatskappy gebruik Kickstarter as ’n voorverkoopplatform, maar die projek hang nie af van ondersteuners nie. Kickstarter is net hoe Unihertz belangstelling wek omdat die maatskappy nie ’n bemarkingsbegroting het nie. Die foon sal $399 (net onder R5 500) kos.

Meer oor:  Kickstarter  |  Blackberry  |  Slimfone  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.