Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Spree-kopers op 1 Oktober na Superbalist geskuif

Die naam “Spree”, wat die afgelope jare vir baie mense sinoniem was met mode wat aanlyn gekoop is, verval in Oktober.

Die aankondiging op Spree se webwerf.

Mense sal voortaan al hul modes by Superbalist kan koop.

“Wanneer Spree Superbalist word, sal ons jou ’n selfs beter algehele ervaring kan bied: ’n wyer keuse van modes, handelsmerke, kategorieë, groottes, afleweringsopsies en betalingsmetodes – alles terwyl ons dieselfde kliëntediens handhaaf waarop ons ons roem,” volgens die aankondiging.

Kliënte sal onder meer ook kontant by aflewering kan betaal en sal die opsie hê om hul klere by afleweringspunte op te tel pleks van dit tuis te laat aflewer. Afleweringspunte sal mettertyd bekend gemaak word.

Die aankondiging op Spree se webwerf kom nadat Media24 en die Takealot-groep reeds in Junie aangekondig het Spree en Superbalist smelt saam in ’n nuwe e-handelonderneming wat tydelik FashionCo gedoop is en voortaan as Superbalist bekend sal staan.

Dis egter nou eers amptelik dat Spree nie meer as afsonderlike handelsnaam gaan bestaan nie.

Spree het oorspronklik ontstaan uit Sarie se klereverkope aan lesers van dié tydskrif.

Mense wat op die oomblik Spree gebruik, sal op 1 Oktober outomaties na Superbalist gemigreer word. Alle bestaande bestellings, waarborge, terugsendings en terugbetalings sal onveranderd voortgaan.

’n Span is vir die integrasieproses toegewys om dit so glad as moontlik te laat verloop.

Superbalist is ’n gesamentlike vennootskap waarin Media24 (waaraan Spree behoort het) ’n 51%-belang besit en Takealot 49%. Takealot is verantwoordelik vir die bedryf en bestuur van die onderneming. Naspers is op sy beurt die meerderheidsaandeelhouer van Takealot.

Luke Jedeikin en Claude Hanan, op die oomblik Superbalist se gesamentlike uitvoerende hoofde, bly in dié posisie aan.

“Daar is ’n enorme geleentheid om ’n beduidende posisie in die mark vir aanlyn skoene en klere in Suid-Afrika te bou. Die nuwe onderneming sal werklik gefokus bly op verbruikers en vooruit dink, en kan nou volstoom meeding met groter baksteen-en-sement-mededingers,”  sê hulle in ’n verklaring.

Spree en Superbalist het tot dusver albei hul eie aankope, bemarking, logistiek, tegniese en verpakkingswerk behartig.

  • Netwerk24 is ’n produk van Media24, ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Spree  |  Takealot  |  Naspers  |  Media24  |  Superbalist  |  E-Handel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.