Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vals SMS oor dreigende oorlog met Iran rondgestuur

Die Amerikaanse weermag het ’n waarskuwing uitgereik dat hy nie besig is om burgerlikes op te roep tot ’n oorlog met Iran nie.

Bedrieglike SMS’e het in die laaste paar dae opgeduik wat aanvoer die Amerikaanse weermag is besig om gereed te maak vir oorlog met Iran, en dat die ontvanger van die SMS “so gou as moontlik” by sy naaste werwingskantoor moet aanmeld vir “onmiddellike vertrek na Iran”.

sms
Die SMS'e wat rondgestuur word.

In ’n verklaring sê die weermag se afdeling vir die werwing van rekrute die SMS is fopnuus.

Spanning tussen Amerika en Iran het wel in onlangse dae ’n hoogtepunt bereik in reaksie op die Amerikaanse lugaanval waarin genl.maj. Kassem Soleimani van Iran dood is.

Amerikaanse wetgewing bepaal dat burgerlikes tydens oorlog opgeroep kan word om diens te doen, maar só 'n stap sal deur die kongres en die president aangevra en goedgekeur moet word.

Die laaste keer wat Amerika burgerlikes opgeroep het, was tydens die oorlog met Viëtnam in die 1970’s.

Die weermag het benadruk dat die bedrieglike SMS’e asseblief geïgnoreer moet word, en dat niemand tronk toe gestuur gaan word sou hulle nie onmiddellik aanmeld vir oorlog nie.

Dit is nie duidelik wie die SMS’e uitstuur, of wat die motief daaragter is nie.

Intussen het Iran vroeg Woensdagoggend ’n missielaanval op militêre basisse in Irak geloods wat koalisiemagte, wat deur Amerikaanse soldate gelei word, huisves.

Die aanval was glo uit wraak vir Soleimani se dood.

Meer oor:  Amerika  |  Iran  |  Fopnuus  |  Sms  |  Oorlog  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.