Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
‘Vermiste kriptogeld’ toe eintlik Ponzi-skema
Gerald Cotten het miljoene van beleggers gesteel. Foto: Unsplash

Die raaisel oor die miljoene dollar in kriptogeld wat oënskynlik saam met die stigter van ’n Kanadese verhandelingsplatform Quadriga na sy graf is, blyk nog ’n kinkel te hê.

Kanadese reguleerders het bekend gemaak dat Gerald Cotten (30), die stigter wat skielik in Desember 2018 dood is, in der waarheid jare lank ’n Ponzi-skema bedryf het.

Cotton is in Indië dood weens komplikasies wat met Crohn se siekte verband hou.

Hy is skynbaar na sy graf met die kodes van duisende beleggers se kriptogeld op sy rekenaar gestoor.

Quadriga het aanvanklik gesê Cotten is die enigste persoon met toegang tot beleggers se gestoorde digitale geld ter waarde van sowat $124,2 miljoen.

Volgens ’n verslag van die Ontario Securities Commission (OSC) was Quadriga egter niks meer as ’n klassieke Ponzi-skema nie.

“Dit was outydse bedrog toegedraai in moderne tegnologie,” lui die verslag.

“Hoewel dit selde gebeur dat ’n ondersoekende verslag bekend gemaak word, glo ons die duisende beleggers wat Quadriga met hul geld en digitale bates vertrou het, ’n antwoord verdien.”

LEES OOK: Raaisel om $145 m. se vermiste kriptogeld verdiep

Quadriga het beleggers gereelde opbrengste belowe. Soos wat die waarde van die digitale geldeenhede egter gefluktueer het, het Cotten nuwe beleggers se geld gebruik om ouer beleggers se “wins” te betaal.

Richard Niedermayer, die prokureur van Cotten se weduwee, Jennifer Robertson, het nie op ’n versoek om kommentaar reageer nie.

Sowat 76 000 Kanadese beleggers het gesamentlik sowat $124,2 miljoen verloor nadat Quadriga in 2019 in duie gestort het.

Sowat $85 miljoen daarvan is weens bedrieglike transaksies deur Cotten verlore.

Toe Cotten sterf, het Quadriga sowat $158 miljoen aan beleggers geskuld.

Cotten het tussen Mei 2016 en Januarie 2018 ook sowat $17,6 miljoen vir eie gebruik uit die ondernemings se koffers gesteel.

Sowat $34 miljoen kon uiteindelik deur die sakeredders opgespoor word en aan beleggers terugbetaal word.

Bates ter waarde van $16 miljoen van Cotten en Robertson is ook teruggekry. – Reuters

Meer oor:  Bedrog  |  Digitale Geld  |  Kriptogeld  |  Bitcoin  |  Ponzi-Skema  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.