Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vir Kersfees: Beter selfoonsein van MTN
’n Simkaart wat MTN se netwerk gebruik. Foto: Getty Images

MTN skerp in aanloop tot die feestyd sy netwerkinfrastruktuur langs van Suid-Afrika se besigste roetes op.

Luidens ’n verklaring Donderdag installeer MTN bykomende dekking langs die N1 tussen Kaapstad en die Zimbabwiese grens, die N3 tussen Johannesburg en Durban, die N12 tussen Johannesburg en George, die N2 tussen Kaapstad en Grahamstad, die N4 tussen Pretoria en Mosambiek en die N7 tussen Kaapstad en die Namibiese grens.

Die verbeteringe sal help dat selfoongebruikers “ononderbroke diens” ontvang terwyl hulle langs die roetes beweeg, sê MTN.

Benewens besige paaie bring MTN bykomende torings aan by ander gewilde toeristebestemmings veral langs die kus.

Duisende toeriste sak elke Desember op dorpe en stede langs die kus toe. Dit plaas druk op die bestaande selfoonnetwerk daar omdat daar skielik soveel meer mense is.

Gegrond op tendense uit vorige jare het MTN vanjaar besluit om bykomende kapasiteit in gewilde toeristebestemmings soos die Durbanse strandfront, Kampsbaai in Kaapstad, Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en Ballito naby Durban te installeer.

Die diensverskaffer beplan om bykomende personeel op Kersdag, Oujaarsaand en Nuwejaarsdag op bystand te hê om sy netwerk te monitor.

Selfoongebruik skiet gewoonlik die hoogte in op daardie dae, sê MTN.

Die diensverskaffer het vroeër vandeesweek egter gewaarsku dat beurtkrag groter druk plaas op sy netwerk omdat die rugsteunbatterye in sy selfoontorings nie kans kry om behoorlik te herlaai nie.

Dié batterye benodig tot 18 uur om behoorlik te herlaai, maar weens beurtkrag word die herlaaiproses telkens onderbreek.

Dit takel die batterye se vermoë af om ure lank krag te voorsien terwyl beurtkrag ingestel word.

Eskom het aangedui hy hoop dat beurtkrag teen aanstaande week vir eers verby sal wees en dat die ligte beslis oor die Kerstyd sal brand.

Meer oor:  Mtn  |  Netwerk  |  Diensverskaffer  |  Tegnologie  |  Selfoonnetwerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.