Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Virus lei tot tekort aan Nintendo’s

Nintendo se Switch-speletjiekonsole raak nou so skaars soos hoendertande in Amerika en Europa weens ’n tekort aan onderdele daarvoor vanuit China.

Die Switch word in Viëtnam gebou uit onderdele wat onder meer vanuit China ingevoer moet word.

As gevolg van die uitbreking van die koronavirus word ’n beperkte aantal onderdele vanuit China uitgevoer, wat tot ’n vertraging in die produksie van die Switch in Viëtnam lei.

Dit kan tot in April ’n impak op die lewering van Switch-konsole hê.

Teen daardie tyd sal Ninento al sy voorraad van die Switch reeds uitverkoop het, wat beteken die konsole sal dalk vir ’n tyd lank nie beskikbaar wees nie.

Nintendo het beplan om ’n nuwe weergawe van die gewilde speletjie “Animal Crossing” op 20 Maart vir die Switch uit te reik.

Hierdie speletjie dra by tot sterk verkope van die konsole die afgelope vier jaar.

Die Ninteno Switch.Foto: Nintendo

Nintendo het vroeër vandeesmaand om verskoning gevra nadat die voorraad van die Switch ook in Japan opgedroog het.

“Ons sien nie ’n groot impak op verskeping na Amerika nie, maar ons sal waaksaam bly en stappe doen indien nodig,” het ’n woordvoerder van die maatskappy aan Bloomberg gesê.

“Dit is moontlik dat die voorraad deur die virus geraak sal word as die siekte verder versprei.”

Besendings wat reeds Viëtnam vir Amerika verlaat het, word nie deur die moontlike tekorte geraak nie.

Die kommer is om die skepe te vul wat later vandeesmaand en in Maart Viëtnam moet verlaat.

Besendings sal nie heeltemal stop nie, maar volgens ’n persoon met kennis van die saak sal die aantal eenhede wat verskeep word, aansienlik daal.

Amerika is Ninento se grootste mark en verantwoordelik vir 43% van sy kernsake.

Europa en Japan verteenwoordig onderskeidelik 27% en 21% van die verkope.

Chinese fabrieke verskaf ’n groot hoeveelheid onderdele aan verskeie maatskappye wat elektronika vervaardig.

Onderbrekings in die lewering hiervan kan nog etlike weke duur soos wat die virus aanhou versprei.

Een bestuurder by ’n fabriek in China het op voorwaarde van anonimiteit gesê sy grootste bekommernis is om produksie te vroeg te hervat en dit ’n uitbreking van die virus onder sy fabriekswerkers veroorsaak.

Dieselfde kommer is uitgespreek deur Foxconn, ’n Chinese onderneming wat onder meer iPhones vervaardig.

Meer oor:  Switch  |  Nintendo  |  Koronavirus  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.