Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vlak 3: Aanlyn drankwinkels ook naweke ‘toe’
Ook e-handelaars is onderhewig aan die beperkte ure vir drankverkope onder vlak 3 van die inperking. Foto: Unsplash

Die regulasies oor die verkoop van drank onder vlak 3-inperking geld ook aanlyn verkope.

Dit beteken e-handelaars soos OneDayOnly.co.za, Cybercellar, Takealot en Bottles sal ook net drank van Maandae tot Donderdae tussen 09:00 en 17:00 kan aflewer.

Geen drank mag dus op Vrydae of Saterdae, dae waarop e-handelaars normaalweg nog sake doen, afgelewer word nie.

Die verwagting is wel dat e-handelaars ter eniger tyd bestellings vir alkohol kan ontvang, solank hulle by die beperkings hou wat die aflewering aan betref.

E-handelaars berei reeds byna ’n week lank voor op die verwagte vraag na drank.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag aangekondig alkohol mag weer van eerskomende Maandag verkoop word.

David Cope, besturende direkteur van Publik, ’n aanlyn drankwinkel, het vroeër aan Netwerk24 gesê hulle is gerat vir die verwagte toename in bestellings.

Hy waarsku egter dat kopers hul verwagtinge moet temper oor hoe gou die drank afgelewer sal word.

E-handelaars, nes fisieke winkels, moet eers die nodige voorraad bekom wat onder die vlak 4-inperking nie vervoer mag word nie.

Dit beteken drankaflewerings sal waarskynlik eers ’n dag of wat ná 1 Junie begin, afhangende van hoe lank dit neem om voorraad betyds by pakstore te kry. Drank mag reeds van Vrydag, 29 Mei, vervoer en afgelewer word.

Kragtens die regulasies onder die vlak 3-inperking mag kroeë, restaurante en sjebeens ook drank verkoop, solank dit nie op die perseel gedrink word nie.

Dit maak dit dus teoreties vir restaurante moontlik om drank saam met wegneemetes te verkoop – maar ook net van Maandae tot Donderdae tussen 09:00 en 17:00.

Meer oor:  Drank  |  Staat Van Inperking  |  Vlak 4  |  Drankverbod  |  Drankbedryf  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.