Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vodacom bied Please Call Me-uitvinder ‘net’ R10 m.
Vodacom se hoofkantoor in Midrand.

Vodacom het na wat berig word aangebied om met die skepper van Please Call Me te skik, hoewel die partye nog nie ’n formele ooreenkoms bereik het nie.

Die Sunday Times berig Vodacom het Nkosana Makate R10 miljoen aangebied as vergoeding vir die idee waarmee hy dekades gelede vorendag gekom het, en wat Vodacom sedertdien glo miljarde in die sak gebring het.

Volgens die Sondagkoerant dek die R10 miljoen-aanbod nie eens Makate se regskoste oor die afgelope dekade nie.

Die hofstryd tussen die diensverskaffer en Makate duur al etlike jare en Vodacom se uitvoerende hoof, Shameel Joosub, het onlangs regstreeks betrokke geraak in ’n poging om ’n oplossing te vind.

Makate het voorheen geëis dat Vodacom hom 15c van elke rand betaal wat die diensverskaffer uit die Please Call Me-diens verdien het sedert dit 17 jaar gelede ingestel is.

Sy oorspronklike idee was ’n diens waardeur ’n gebruiker sonder enige lugtyd ’n gratis boodskap kan stuur en vra dat iemand hom terugskakel. Sodoende word bykomende inkomste vir die diensverskaffer gegenereer.

Sou Makate 15c vergoed word vir elke rand, skuld die diensverskaffer hom nagenoeg R10 miljard, het City Press in 2016 berig. Volgens Makate se eie navorsing het Vodacom “minstens R63 miljard” uit die Please Call Me-konsep verdien.

Die eindelike aanbod van “net” R10 miljoen het aan die lig gekom in ’n klag wat Makate by die Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure (Irba) en die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) teen Vodacom en sy ouditeur, PwC, ingedien het weens die beweerde wanbestuur en ’n wanvoorstelling van sy finansiële state, berig die Sunday Times.

Die bekendstelling van die skikkingsbedrag kom nadat albei partye in 2016 ’n vertroulikheidsooreenkoms terwyl die onderhandelinge plaasvind, onderteken het.

Die partye is egter in Desember op ’n slegte voet uitmekaar nadat onderhandelinge opnuut skipbreuk gely het, waarna Makate die klag ingedien het.

Vodacom het aangedui hy gaan steeds nie die besonderhede van die onderhandelingsproses bespreek nie aangesien hy die bepalings in die vertroulikheidsooreenkoms eerbiedig.

Meer oor:  Vodacom  |  Diensverskaffer  |  Please Call Me  |  Tegnologie  |  Hofgeding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.