Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vodacom doen 1ste byeenkoms in 5G
Argieffoto.

Vodacom gaan Saterdag die eerste sportbyeenkoms in Suid-Afrika regstreeks met 5G-tegnologie uitsaai.

Die diensverskaffer gaan in samewerking met Nokia twee 4K-videokameras by die Durban July-perdewedren opstel en die aksie regstreeks met ’n 5G-verbinding na ’n spesiale sentrum ’n entjie weg van die resiesbaan stuur.

Sogenaamde vyfdegenerasie (5G)-tegnologie bied ’n internetspoed wat 100 keer vinniger is as 4G-tegnologie.

Gaste by Vodacom se sentrum by die perdewedren sal ’n virtuele realiteit (VR)-kopstuk dra en sal ’n uitsig van 360 grade van die resiesbaan ervaar.

Vodacom het 100 MHz van sy hoëfrekwensiespektrum aan die eksperiment afgestaan om die verbinding tussen die videokameras en ’n Nokia Airscale-terminus te bewerkstellig.

“Ons toekoms sal gekenmerk word deur ’n verskeidenheid van nuwe tegnologieë wat ons fisieke en digitale wêrelde sal laat saamsmelt,” sê Andries Delport, Vodacom se tegnologiehoof. “Robotika en superrealistiese virtuele en bygewerkte realiteit sal hierdie era kenmerk. Die hoë spoed en lae latensie van 5G-netwerke word egter hiervoor benodig.”

Die diensverskaffer sê die eksperiment is deel van sy voorbereiding vir wanneer 5G-tegnologie die standaard vir selfoonverbindings sal word.

Daar word egter nog gewag op die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa) om ’n frekwensiespektrum spesifiek vir 5G-verbindings toe te ken. Okosa moet egter nog eers ’n frekwensiespektrum aan bestaande 4G-tegnologie toeken.

Meer as 50 000 besoekers word vir Saterdag se Durban July by die Greyville-resiesbaan in Durban verwag.

Meer oor:  Vodacom  |  Nokia  |  Tegnologie  |  Okosa  |  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.