Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vodacom en Nokia sluit vennootskap vir 5G
5G maak blitsvinnige verbindings op ’n selfoon moontlik. Foto: Unsplash

Vodacom en die Finse tegnologiemaatskappy Nokia het ’n vennootskap gesluit waarvolgens laasgenoemde 5G-toerusting op Vodacom se netwerk gaan ontplooi.

Vodacom gebruik reeds Nokia se toerusting vir sy 2G-, 3G- en 4G-netwerk.

Nokia se jongste netwerktoerusting sal 5G-verbindings oor ’n heelwat wyer gebied moontlik maak, het Vodacom Woensdag aangekondig.

Die gespesialiseerde toerusting sal 5G-dienste oor verskeie spektrumbande ontplooi, insluitend die hoëfrekwensiebande van 3 500 MHz en 2 600 MHz.

Laefrekwensiebande in die omgewing van 700 MHz en 800 MHz sal ook ingespan word. Vodacom besit tans geen spektrum in enige van hierdie bande nie.

Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) beplan om verskeie allokerings vir spektrum in hierdie bande voor Maart aanstaande jaar op te veil.

’n Enkele allokering van spektrum in die gesogte 800 MHz-band gaan minstens R1,1 miljard kos. Spektrum in die 3 500 MHz- en 2 600 MHz-band is heelwat goedkoper en sal teen ’n minimum van R9,8 miljoen per allokering opgeveil word.

LEES OOK: Dis wat spektrum netwerke gaan kos

Hoe hoër die frekwensie, hoe korter is die afstand waaroor data gestuur kan word. Diensverskaffers gaan dus baklei om van die peperduur spektrum in die 700 MHz- en 800 MHz-bande te bekom.

Die spoed van 5G is tot 100 keer vinniger as bestaande 4G.

Dié tipe netwerk benodig wel heelparty bykomende selfoontorings en antennas om dekking oor ’n wye gebied te bied. Gebruikers benodig ook ’n spesiale tipe selfoon wat met 5G-funksionaliteit toegerus is.

Die jongste modelle van Samsung, Huawei en Apple bied reeds hierdie funksionaliteit.

Data oor 5G is vir eers nog heelwat duurder as data oor 4G.

Anders as Vodacom gebruik MTN Huawei se toerusting in die uitbreiding van sy 5G-netwerk. Rain gebruik ook van Huawei se toerusting.

Meer oor:  Vodacom  |  Nokia  |  Spektrum  |  Datakoste  |  Tegnologie  |  Diensverskaffers  |  Okosa  |  Kommunikasie  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.