Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vodacom, MTN bly verbind tot ‘goedkoper data’

Sowel MTN as Vodacom sê hulle bly daartoe verbind om data teen “bekostigbare pryse” aan te bied, hoewel gesprekvoering hieroor met die Mededingingskommissie nog aan die gang is.

Vodacom
Vodacom se aandeelprys is in Desember gelooi ná die aankondiging dat hy sy datapryse met die helfte moet sny. Foto: Getty Images

Die kommissie het Sondag gesê die diensverskaffers kry nog ’n maand om ’n ooreenkoms met hom te bereik oor hoeveel goedkoper hulle hul data gaan maak.

Die kommissie het in Desember bevind die prys van data in Suid-Afrika is buitensporig hoog, en dat sowel Vodacom as MTN hul pryse met tot 50% moet sny.

“MTN voel bemoedig oor die vordering in die onderhandelinge met die kommissie,” het Jacqui O’Sullivan, hoof van korporatiewe sake, by navraag gesê.

’n Woordvoerder van Vodacom het eweneens gesê die diensverskaffer het die kommissie se verslag bestudeer, maar dat hy nog met hom onderhandel oor die voorstelle wat hy daarin maak.

“Terwyl die samesprekings tussen Vodacom en die kommissie aan die gang is, wil Vodacom sy verbintenis tot die verlaging van tariewe op ’n verantwoordelike wyse beklemtoon.”

MTN sê hy bly ook daartoe verbind om bekostigbare data van ’n “hoë gehalte” aan sy kliënte te bied.

“Ons sal voortgaan met inisiatiewe om ons pryse in al ons markte te transformeer en ons dienste meer bekostigbaar te maak.”

Nie Vodacom of MTN het gesê of hulle bereid is om gehoor te gee aan die kommissie se eis dat datapryse met tot 50% gesny moet word nie.

Volgens die kommissie is gesprekke hieroor in ’n “gevorderde stadium” en daarom gee hy diensverskaffers nog ’n maand om met hom daaroor te beraadslag.

Die kommissie se voorstelle is egter nie ’n wetlike verpligting nie, en MTN het reeds in Desember aangedui hy is in wese daarteen gekant.

Meer oor:  Vodacom  |  Mededingingskommissie  |  Mtn  |  Data  |  Selfoonmaatskappye  |  Datapryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.