Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vodacom se inkomste styg met 9%

Vodacom se doelgerigte strategie kan tot ’n goeie jaar vir dié maatskappy lei.

Die sterker rand teenoor 2020 het Vodacom se internasionale inkomste beïnvloed. Foto: Getty Images

So sê Shameel Joosub, uitvoerende hoof, in die maatskappy se kwartaalverslag.

In dié verslag, wat Vrydag uitgereik is, sê hy die eerste kwartaal van Vodacom se boekjaar is deur twee belangrike mylpale gekenmerk wat hul doelwit vir geografiese en inkomstediversifisering ondersteun.

In Mei het die regering van Ethiopië ná ’n moeilike, betwiste internasionale proses ’n lisensie vir mobiele telekommunikasie aan ’n konsortium onder leiding van Safaricom toegeken.

“Vodacom is geëerd om deel te wees van dié kragtige konsortium wat dienste van wêreldgehalte aan Afrika se tweede digs bevolkte land sal lewer,” sê Joosub.

“Ons het in Junie aangekondig dat meer as 70 handelaars by ons VodaPay-stelsel aangesluit het voor die langverwagte bekendstelling van ons Suid-Afrikaanse superprogram. Die verwagting is dat VodaPay groter digitale en finansiële insluiting sal steun.”

Dit is die kern van hul doelgerigte strategie, sê hy.

“Dat ons dié mylpale kon bereik en ’n sterk finansiële prestasie kon behaal te midde van die verwoestende impak van die Covid-19-pandemie op ons markte, is ’n bewys van die diepte van die groep se leierskap.”

In syfers

  • Die groepinkomste van R24,8 miljard was 9% hoër as in die eerste kwartaal van die 2020-boekjaar. Dit was 14,2% in plaaslike geldeenhede gemeet, maar omdat die rand met sowat 20% teenoor verlede jaar versterk het, verlaag dit die groei.
  • Die groep se internasionale inkomste het, gemeet in rand, met 5,5% gedaal, maar in plaaslike geldeenhede was dit 15,2% hoër. Dit het R5,5 miljard beloop.
  • Die totale inkomste in Suid-Afrika het met 13,2% tot R19,5 miljard gestyg.
  • Die inkomste uit dienste in Suid-Afrika het met 5,2% tot R14,1 miljard gestyg.
Meer oor:  Vodacom  |  Selfoonmaatskappye  |  Tegnologie  |  Internet  |  Telekommunikasie  |  Data
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.