Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
‘Voer’ jou eks vir ’n meerkat op Valentynsdag

Hartgebroke soos wat Valentynsdag nader kom?

As jy ’n eks het wat jou Valentynsdag as enkeling bederf, kan jy vanjaar ’n kokkerot na hom/haar/hulle laat vernoem en vir ’n meerkat laat voer.

Meerkatte eet graag insekte, al is hulle na jou eks vernoem. Foto: Unsplash

Dit is deel van die El Paso-dieretuin in Texas, VSA, se veldtog om die publiek meer te leer oor hoe die sorg van onder meer meerkatte werk, berig CBS.

Enigiemand wat belang stel, kan sy of haar eks se naam via Facebook aan hulle stuur.

Die dieretuin sal dan die kokkerotte die name gee, wys wat hulle heet en vir die meerkatte voer as heerlike Valentynsdag-happies.

Volgens AOL sal die dieretuin dit regstreeks op sy Facebook-blad uitsaai sodat jy seker kan wees dat jou Valentynsdag wel dié jaar beter verloop.

Hoe jy jou planne vir die romantiese dag aan jou vriende gaan verduidelik, is wel ’n ander saak.

Meer oor:  Facebook  |  Valentynsdag  |  Dieretuin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.