Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vraag na slimfone goeie nuus vir Samsung

Samsung se verdienste in die derde kwartaal het ontleders ietwat onkant gevang, al het die maatskappy se bedryfsinkomste met meer as $6,4 miljard gedaal.

Slimfoonverkope het egter kop opgetel in die drie maande tot einde September.

Samsung het Dinsdag sy voorlopige kwartaalverslag uitgereik.

Ontleders het gevrees dat die maatskappy se bedryfsinkomste met soveel as $7 miljard sou daal.

Samsung, die wêreld se grootste vervaardiger van selfone en selfoonskerms, het egter voordeel getrek uit ’n gesonde vraag na sy nuwe Note 10-slimfoon wat in Augustus uitgereik is.

Die vraag na Apple se iPhone 11, wat van Samsung se skermtegnologie gebruik maak, het ook verwagtinge oortref.

Tog bly die maatskappy se beste en winsgewendste verkoper sy rekenaarskyfies.

Totale verkope vir die kwartaal beloop bykans $52 miljard, ietwat meer as die $51 miljard wat ontleders verwag het.

Samsung reik eers die einde van die maand die resultate vir afsonderlike afdelings sowel as sy netto inkomste uit. - Bloomberg

Meer oor:  Samsung  |  Slimfoon  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.