Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vraag na tuisaflewering styg skerp

Die vraag na tuisaflewering van kos en kruideniersware het skerp gestyg die afgelope ruk.

Checkers Sixty60 is nou beskikbaar in al nege provinsies. Foto: Verksaf

Pick n Pay het Donderdag aangekondig hy het die aantal tydgleuwe vir aflewering op sy webwerf skerp verhoog.

“Veral in Gauteng, waar die derde vlaag meebring dat meer mense afstande hou en isoleer, het Pick n Pay afleweringstye met 65% op die platform verhoog.”

John Bradshaw, hoof van Pick n Pay se omnikanaal, sê daar is ook sterker vraag in sekere dele van Kaapstad en kapasiteit vir aflewering is daar verhoog. Hulle gaan oor die volgende paar weke ander dele van die Wes-Kaap en ander provinsies fyn dophou vir tekens van hoër vraag.

Registrasies vir Pick n Pay se kitsafleweringsdiens, Bottles, het ook die afgelope week skerp gestyg. Die diens het nou drie keer meer gebruikers as verlede jaar.

Bottles ding met Checkers se Sixty60-diens mee en belowe ook aflewering binne ’n uur.

Checkers het onlangs bekend gemaak Sixty60 is nou in ál nege provinsies beskikbaar nadat dit ook na Polokwane in Limpopo uitgebrei is.

Meer oor:  Checkers  |  Tegnologie  |  Inkopies  |  Kleinhandel  |  Aflewering  |  Apps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.