Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
VSA plaas Huawei op ‘swartlys’
Vroue stap verby ’n Huawei-advertensie teen die muur van ’n winkelsentrum in Beijing, China.

Huawei en 70 van sy filiale is Woensdag op ’n “swartlys” geplaas wat beteken dié selfoon- en netwerktegnologie-vervaardiger mag geen onderdele van Amerikaanse firmas koop sonder die Amerikaanse regering se goedkeuring nie.

Amptenare sê dit sal dit moeilik en dalk selfs onmoontlik vir Huawei maak om van sy tegnologie te vervaardig omdat hy op Amerikaanse verskaffers staatmaak.

Die entiteitelys is ’n lys wat die departement van nywerheid en sekerheid byhou van maatskappye, instellings, individue en regerings wat daarvan verdink word dat hulle Amerikaanse veiligheid of “buitelandse beleidsbelange” bedreig.

Pres. Donald Trump beskuldig Huawei daarvan dat sy netwerktegnologie die Chinese regering in staat stel om op ander lande te spioeneer. Huawei het dit Dinsdag die soveelste keer ontken.

Huawei is die grootste vervaardiger van telekommunikasie-toerusting ter wêreld.

Die Withuis-bevel wat Huawei op die entiteitelys plaas, is vergesel van ’n verklaring deur Wilbur Ross, minister van handel, dat dit sal “keer dat Amerikaanse tegnologie deur buitelandse entiteite gebruik word op maniere wat potensieel die VSA se nasionale sekerheid of buitelandse beleidsbelange sal ondermyn”. Ross sê Trump ondersteun die stap.

Die Trump-regering het die afgelope ruk druk op ander lande geplaas om nie Huawei se 5G-netwerktegnologie toe te laat nie.

Dit kom ook net dae nadat die VSA invoertariewe op nog Chinese goedere tot 25% verhoog het in die handelsoorlog tussen die wêreld se grootste moondhede.

In Januarie het Amerika Huawei daarvan beskuldig dat hy finansiële dienste aan Iran verskaf het, ’n oortreding van sanksies teen Iran.

Die VSA het al vantevore probeer om ’n Chinese tegnologiemaatskappy te “swartlys”. In Maart 2016 is ZTE op die entiteitelys geplaas, maar dit was van korte duur.

In Augustus verlede jaar het Trump ’n wet onderteken wat die Amerikaanse regering self verbied om toerusting van Huawei of ZTE te gebruik. – Reuters

Meer oor:  Huawei  |  Donald Trump  |  China  |  Vsa  |  Spioenasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.