Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Vumatel-plan kry jawoord al kla Remgro-bate

Ondanks die protes van Octotel het die Mededingingstribunaal Dinsdag die samesmelting van Vumatel en Community Investment Ventures (CIV) goedgekeur, hoewel met voorwaardes.

octotel
Die kenteken van Octotel.

Octotel, ’n verskaffer van internetvesel-infrastruktuur, word onregstreeks beheer deur die genoteerde beleggingsgroep Remgro van Johann Rupert. Octotel het by die mededingingsowerhede beswaar gemaak dat Vumatel, ’n mededinger van hom in die Wes-Kaap, saamsmelt met CIV. CIV is op sy beurt onder die gesamentlike beheer van Industrial Electronic Investment (IEI) en New GX. Die ironie van die saak is dat IEI self deur Venfin beheer word, wat op sy beurt die waagkapitaalafdeling van Remgro is.

’n Remgro-bate het dus hier geprotesteer deur die samevoeging van ’n ander Remgro-bate met ’n mededinger in die mark.

Octotel is besorg want CIV beheer Dark Fibre Africa wat vesel-optiese dienste aan sowel Octotel en Vumatel lewer. Dark Fibre Africa beheer ook SA Digital Villages, wat internetdienste aan woongebiede en huise lewer deur die installering en bedryf van veselnetwerke.

Octotel was bekommerd dat CIV via Dark Fibre Africa voorkeur kan gee aan Vumatel ten koste van mededingers soos Octotel.

Vumatel
’n Bakkie van Vumatel op ’n perseel waar ’n veselnetwerk geïnstalleer word.

Die Mededingingstribunaal het egter besluit die samesmelting kan voortgaan, maar daar is voorwaardes wat vir tien jaar sal geld. Die voorwaardes is dat die saamgevoegde onderneming vir sekere van sy dienste steeds ’n ooptoegang-model moet behou. Daar moet groter deursigtigheid wees en hy mag nie diskrimineer teen enige van sy kliënte wat met Vumatel meeding nie.

Die saamgevoegde onderneming moet ook gratis onbeperkte vesel-internetdienste aan openbare en private skole gee wat langs sy netwerke geleë is.

Meer oor:  Remgro  |  Vumatel  |  Johann Rupert  |  Tegnologie  |  Mededingingstribunaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.