Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Apple vs Google Play: Watter een kraai koning?
apple, google

Waar selfoongebruikers $21,9 miljard in die drie maande tot einde September aan apps bestee het, is verreweg die meeste daarvan aan apps op Apple-toestelle.

Kragtens die marknavorser Sensor Tower het Apple se app-winkel $14,2 miljard wêreldwyd tussen Junie en September laat inrol. Dit is 22,3% meer as die ooreenstemmende tydperk in 2018.

Daarteenoor het Google se Play-winkel $7,7 miljard in die derde kwartaal van 2019 verdien – 24% meer as ’n jaar tevore.

Meer as 29,6 miljard apps is in die tydperk onder toesig van die twee app-winkels afgelaai, het Sensor Tower se navorsing bevind.

TikTok, ’n sosialemediaplatform, was die afgelope kwartaal een van die gewildste apps in sowel die Apple- as die Google Play-winkel. Dit is gesamentlik meer as 177 miljoen keer afgelaai, wat dit gewilder as Messenger, Instagram én Facebook maak. WhatsApp was egter steeds die gewildste app wat betref die aantal kere wat dit afgelaai is.

Afgesien van speletjies – waarop gebruikers etlike miljoene elke kwartaal bestee – laat apps soos YouTube en Tinder ook behoorlik die geld inrol. Tinder het ’n inkomste van ongeveer $233 miljoen in die derde kwartaal gegenereer deur gebruikers wat sy premium weergawe aangeskaf het.

YouTube het $164 miljoen deur sy intekenare verdien. Dit sluit sy inkomste uit advertensies uit.

Watter app-winkel het die grootste verskeidenheid van apps?

Volgens Sensor Tower het Google se Play-winkel die grootste verskeidenheid van apps beskikbaar. Meer as 2,4 miljoen apps kan daarop gekry word.

Apple se app-winkel bevat 1,8 miljoen apps teenoor Windows se bykans 670 000 en Amazon se 487 000.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.