Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Webwerwe weer aanlyn ná wolk probleme gee

Die webwerwe van verskeie internasionale lugdienste, banke en tegnologiemaatskappye het Donderdag weer aanlyn gekom ná ’n kort onderbreking.

Foto ter illustrasie.

Dit was die derde soortgelyke voorval in net twee maande.

Die webwerwe van onder meer Delta Air Lines, Costco Wholesale, American Express en Home Depot was nie beskikbaar nie en het gewys daar is domeinnaamstelsel-foute.

Akamai Technologies, ’n wolkdiensverskaffer, het ’n waarskuwing hieroor uitgereik en gesê daar is ’n “gedeeltelike onderbreking” op sy webwerf.

“Ons het die probleem reggestel en op grond van die huidige waarnemings word die diens hervat,” het hy gebruikers later in ’n twiet gerusgestel.

Oracle Corp het gesê hy hou die kwessie dop, wat ook sy eie wolkdienste beïnvloed.

Die domeinnaamstelsel is ’n diens wat leesbare domeinname vertaal na masjienleesbare IP-adresse, dit aan ’n bediener koppel en die betrokke bladsy op die gebruiker se telefoon of skootrekenaar beskikbaar stel.

In Junie was daar verskeie onderbrekings op sosialemedia-platforms, en regerings- en nuuswebwerwe wêreldwyd. Sommige verslae dui daarop dat dit weens ’n fout by Amerikaanse verskaffers van wolkdienste was.

Sowat 3 500 gebruikers het Donderdag probleme met Airbnb se webwerf aangemeld, terwyl byna 1 500 gebruikers van Home Depot ook foute aangemeld het. – Reuters


Meer oor:  Costco Wholesale  |  Delta Air Lines  |  Airbnb  |  American Express  |  Probleme  |  Webwerwe  |  Wolkprobleme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.