Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Wees bang vir Huawei, sê EU-kommissaris
Andrus Ansip, die EU se kommissaris van tegnologie.

Die Europese Unie (EU) moet bekommerd wees oor Huawei en ander Chinese tegnologiemaatskappye weens die risiko wat die streek se nywerhede en veiligheid loop deur voortdurende blootstelling aan hulle.

So het die Europese Kommissie se adjunkpresident en die EU se kommissaris van tegnologie Vrydag gewaarsku.

“Ons moet bekommerd wees oor dié maatskappye,” het Andrus Ansip Vrydag op ’n nuuskonferensie in Brussel gesê, etlike dae nadat Huawei se finansiële hoof en dogter van die stigter van die tegnologiereus, Meng Wanzhou, in Kanada in hegtenis geneem is as deel van ’n ondersoek oor bankbedrog teen die maatskappy.

Huawei het verlede jaar $93 miljard in inkomste verdien en word in China beskou as ’n nasionale sake-kampioen. Maar die maatskappy word deeglik ondersoek deur Westerse lande vir sy bande met die Chinese regering. Daar word gevrees dat sy toerusting vir spioenasie gebruik kan word.

Ansip sê hy is bekommerd omdat daar van Chinese tegnologiemaatskappye vereis word om met die Chinese intelligensiedienste saam te werk, soos vir toegang tot geënkripteerde data.

Hy voeg by dat dié maatskappye mikroskyfies vervaardig vir so ’n groot verskeidenheid toestelle wêreldwyd dat dit gebruik kan word om toegang tot Europese staatsgeheime te kry.

“Dit is ons gewone mense wat bang moet wees,” meen hy.

Oor die inhegtenisneming van Meng het Ansip gesê dat hy nog nie genoeg inligting daaroor het om kommentaar te kan lewer nie.

Reuters

Meer oor:  Huawei  |  Meng Wanzhou  |  Andrus Ansip  |  Europa  |  China  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.