Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
weFix uit sakeredding, bedryf steeds 13 takke
WeFix
WeFix het ses onwinsgewende takke gesluit.

weFix het sy sakereddingsplan suksesvol voltooi, met geen verdere afleggings nie. Volgens Ariel Kolin, finansiële hoof, is die proses vroeg in Maart afgehandel.

weFix, voorheen bekend as iFix, het in Desember met ’n sakereddingsproses begin in ’n poging om te keer dat hy sy deure moes sluit weens sy groeiende skuldlas.

weFix herstel tablette en slimfone van hoofsaaklik Apple, Samsung, Huawei en LG, en herstel ook Macbook-skootrekenaars.

weFix het ses onwinsgewende winkels gesluit en in die proses is 30 mense afgelê.

Alle franchise-winkels het ook toegemaak. Sommige eienaars van hierdie winkels het besluit om onder ’n ander naam aan te hou sake doen, soos die weFix in die Tygervallei-sentrum in Kaapstad wat nou as MobiFix bekend staan.

Die meeste van die franchises het egter heeltemal gesluit, sê Kolin.

weFix bedryf steeds 13 takke in onder meer Kaapstad, Johannesburg, Pretoria, Durban en George.

Daar is onder meer takke in die Canal Walk-, Cresta-, Cavendish-, Eastgate-, Gateway- en Menlyn Park-winkelsentrums.

Geen van sy oorblywende 150 personeellede is tydens die sakereddingsproses afgelê nie, het Kolin bevestig.

“Ons het al die onwinsgewende takke gesluit. Al die oorblywende takke maak ’n wins,” sê hy. Die maatskappy kyk ook reeds na moontlike vennootskappe met oorsese maatskappye wat tot ander inkomstestrome vir weFix kan lei, hoewel Kolin nie verder hieroor wou uitwei nie.

Dit is nie bekend wat weFix se huidige skuldlas is of wat sy skuldlas was voordat hy met die sakereddingsproses begin het nie.

Volgens Kolin het byna 100% van weFix se vennote, personeellede en krediteure ingestem tot die sakereddingsplan wat gehelp het dat die proses so gou afgehandel kon word.

weFix is in 2007 deur Alex Fourie in sy koshuiskamer by die Universiteit Stellenbosch begin. Hy is egter nie meer by die maatskappy betrokke nie.

Willem Malherbe was tot Desember die tussentydse hoof. Sedertdien word die maatskappy deur twee lede van sy uitvoerende komitee bestuur totdat ’n permanente hoof in ’n latere stadium aangestel word.

Meer oor:  Wefix  |  Sakeredding  |  Maatskappy  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.