Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Wêreld se 1ste huiskoop met kriptogeld voltrek
Michael Arrington, stigter en redakteur van TechCrunch, het pas ’n woonstel in Kiëf met blokkettingtegnologie bekom.

Bes moontlik die eerste eiendom ter wêreld is pas met behulp van blokketting-tegnologie aan sy nuwe eienaar oorgedra.

Michael Arrington, stigter van die tegnologie-webwerf TechCrunch, het ’n woonstel in Kiëf in die Oekraïne gekoop en met die kriptogeldeenheid ethereum daarvoor betaal. Die oordrag van die akte is ook met behulp van blokketting-tegnologie gedoen.

Die transaksie is deur die eiendomsbeleggingsmaatskappy Propy, ’n Kaliforniese beginneronderneming, moontlik gemaak. Arrington, wat in 2008 deur Time as een van die 100 invloedrykste mense ter wêreld beskryf is, is een van Propy se raadgewers.

Arrington beskryf dit in ’n twiet as “die eerste keer so ver ek kan vasstel, of een van die eerste kere, dat ’n werklike bate anders as ’n kriptogeldeenheid deur middel van blokketting oorgedra is”.

Propy beskryf dit as ’n “mylpaal wat die sluise ooptrek vir die oordrag van werklike bates op die blokketting”.

Die woonstel van $60 000 se kooptransaksie is deur slimkontrakte voltrek en met ethereum en Propy-koopbewyse betaal.

Natalia Karayaneva, uitvoerende hoof van Propy, sê blokketting-tegnologie “bring deursigtigheid, doeltreffendheid en veiligheid na ’n bedryf wat tradisioneel deur rompslomp gekenmerk word”.

Propy is in 2016 gestig. Die maatskappy het in September $15 miljoen uit skarefinansiering deur ’n aanvanklike muntaanbod (initial coin offer of ICO) ingevorder. ’n ICO is ’n alternatiewe manier om geld van beleggers in te vorder pleks van ’n notering, en is veral besig om onder tegnologiemaatskappye gewild te word.

Propy het koopbewyse bekend as PRO’s uitgereik.

Propy het ’n ooreenkoms met die Oekraïne om die registrasie van aktes per blokketting toe te laat as toetsprojek hiervoor.

Ethereum is die grootste digitale geldeenheid ná bitcoin, wat steeds meer as 50% van die kriptogeldmark verteenwoordig. Bitcoin se markwaarde is nagenoeg $65 282 miljard en ethereum s’n $27 449 miljard.

Karayaneva sê hulle beoog om oor die volgende jaar na Dubai en die Amerikaanse deelstate Vermont en Kalifornië uit te brei.

Meer oor:  Huiskoop  |  Kriptogeld  |  Blokketting  |  Virtuele Geld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.