Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Wêreld se grootste notering nóg van die baan

Die wêreld se grootste notering nóg, dié van die Chinese tegnologiereus Ant, is van die baan, met geen aanduiding of dit dalk later steeds kan plaasvind nie.

Ant, ’n maatskappy wat in finansiële tegnologie (fintech) spesialiseer, sou Donderdag gelyktydig in Sjanghai en Hongkong genoteer het en ’n maatskappy met ’n markwaarde van nagenoeg $315 miljard geskep het.

Die aanvanklike openbare aanbod vir 11% van Ant se aandele, waarin uiteindelik $37 miljard se aandele aangebied is, was meer as 80 keer oorvolskryf, volgens Reuters.

China se reguleerders het egter kort voor die notering gesê daar is “groot probleme” met die notering, volgens BBC News.

Sjanghai se aandelebeurs het in ’n verklaring gesê Jack Ma is vir “toesighoudende onderhoude” ingeroep. Die maatskappy voldoen glo nie meer aan noteringsvereistes nie weens veranderinge aan wetgewing.

Ant besit en bedryf Alipay, China se grootste digitale betaalplatform. Foto: Getty Images

Ant het in ’n kort verklaring op sy webwerf net herhaal dat “onlangse veranderinge” aan fintech-regulasies tot die opskorting gelei het. Die maatskappy gee geen aanduiding of die notering later gedoen sal word nie.

Ma, ’n voormalige Engels-dosent, was die stigter van die e-handelaar Alibaba, waaruit Ant ontstaan het. Alibaba besit nagenoeg ’n derde van Ant, wat ’n mededinger is vir maatskappye soos PayPal.

Miljoene gewone mense in sowel hoofland-China as Hongkong was gretig om in Ant te belê, berig Reuters. Baie het hul spaargeld of banklenings vir dié geleentheid gebruik.

Die waarde van die aandele waarvoor gewone mense aansoek gedoen het, was meer as $3 000 miljard.

Hulle sal nou binne ’n paar dae hul geld terugkry. Verskeie makelaars het belowe hulle sal nie hanteringskoste vra vir die geld nie, berig Reuters.

Die opskorting word beskou as ’n enorme vertrouenskok op die Chinese beurs, volgens Reuters.

Bronne: Reuters, BBC News, Bloomberg, Wikipedia

Meer oor:  Alibaba  |  China  |  Notering  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.