Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Wêreld se oudste aanlyn kamera afgeskakel
Die Fogcam in San Francisco is die wêreld se oudste webkamera. Foto:

Die wêreld se oudste kamera wat videobeelde regstreeks oor die internet gebeeldsend het, gaan ná 25 jaar afgeskakel word.

Die sogenaamde FogCam is ’n webkamera wat weerstoestande in die Amerikaanse stad San Francisco monitor.

Dit is in 1994 as deel van ’n projek deur studente aan die universiteit van San Francisco opgerig. Sedertdien het dit ononderbroke die jongste weerstoestande in San Francisco oor die internet uitgesaai. Beeldsending is net ’n paar keer onderbreek terwyl instandhoudingswerk uitgevoer is of toe die kamera se ligging aangepas is sodat dit ’n beter uitsig sonder enige obstruksies kon hê.

FogCam sê op sy webwerf dis juis die gebrek aan ’n geskikte nuwe posisie wat veroorsaak dat die kamera ná soveel dekades afgeskakel gaan word.

Volgens Jeff Schwartz, wat die kamera saam met Dan Wong, opgerig het, gaan dit op 30 Augustus afgeskakel word.

“Ons het gevoel dit is tyd,” het Schwartz aan SFGate gesê.

Hoewel FogCam tans die wêreld se oudste webkamera is wat steeds beeldsend, was dit nie die eerste van sy soort nie.

Studente aan die universiteit van Cambridge het in 1991 ’n webkamera opgestel om ’n koffiemasjien in ’n nabygeleë kamer af te neem sodat hulle nie elke keer hoef op te staan om te gaan kyk of die koffie gereed was nie. Die regstreekse video van die koffiepot is tussen 1993 en 2001 op die internet uitgesaai.

Meer oor:  Internet  |  Webkamera  |  Web  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.