Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tegnuus
Werk vir Huawei, maar gebruik iPhone? ‘Wowie’!

Huawei het dié week twee van sy werknemers se salarisse verminder en hul posvlak verlaag nadat hulle ’n amptelike Nuwejaarsboodskap van die maatskappy vanaf ’n iPhone getwiet het.

’n Amptelike Nuwejaarstwiet van Huawei se bemarkingspan wat van ’n iPhone af gestuur is, het ’n groot bohaai op die internet veroorsaak en swaar strawwe vir die betrokke werknemers tot gevolg gehad.Foto: Getty Images

Huawei is die grootste slimfoonvervaardiger in China en is nou amptelik die tweede gewildste slimfoon ter wêreld – selfs gewilder as Apple se iPhone.

Vir die Chinese vervaardiger was dié baie openbare flater deur sy bemarkingsafdeling nie aanvaarbaar nie.

Dit kom ook terwyl die VSA gevra het dat Meng Wanzhou, Huawei se finansiële hoof, aan die land uitgelewer word oor beweerde bankbedrog.

Talle Amerikaanse blogs het die noodlottige twiet op hul webwerf gepubliseer, wat onderaan gemerk was “via Twitter vir iPhone”. Al het Huawei die twiet gou verwyder, het kiekies daarvan klaar oor die internet heen versprei teen die tyd dat dit reggestel was.

’n Skermgreep wys duidelik dat iemand by Huawei die groep se grootste mededinger ondersteun.

Huawei se bemarkingsveldtogte word deur oorsese maatskappye behartig en dis hulle wat amptelik die skuld gekry het daarvoor. Chinese werknemers in die span vir internasionale bemarking moes egter die straf dra.

Luidens ’n interne memo wat deur Bloomberg gesien is, is die twee werknemers, waarvan een die hoof van digitale bemarking was, met een posvlak elk verlaag en het hulle $730 (sowat R10 300) van hul salaris verloor.

Werknemers moet nou “die bestuur van verskaffers en vennote verfyn”, sê Huawei in sy memorandum.

“Die voorval het foute in ons prosesse en bestuur blootgelê.” – Bloomberg

Meer oor:  Huawei  |  Twitter  |  China  |  Slimfone  |  Iphone  |  Tegnologie  |  Twiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.